Skaduwees van gister deur Lynelle Clark
Hoeveel keer moet ‘n mens wegkruip? Hoeveel keer jou kop laat sak in skaamte, die skouers optrek in ‘n radelose weet-nie gebaar? Hoeveel keer gaan die skaduwees jou rondjaag en in ‘n hoek vaskeer? Ons verlede gooi skaduwees, maak nie saak watter oorwinnings of deurbrake ons beleef het nie. Dit is hierdie skaduwees wat ons […]
Stem in die Woestyn
Ek kan met eerlikheid sê dat ek goeie jare geken het. ‘n Oase waarin ek versorg, beskut en genoeg gehad het. Hierdie tydperk het my baie geleer van myself. Maar dit was ook ‘n tydperk van agteroor sit en verwag sonder om werklik iets by te dra, afgesien van die grootmaak van my kinders. My […]
As Duisternis na Lig verander
As ons daaroor dink, moes ons die blokkade vroeër opgestel het. Toe ons begin bekommerd raak het, was dit al te laat: die koue het in ons stad ingeglip. Dit is wat gebeur as jy dink dat vampiere net tot die ryk van die onwerklike behoort. Die ster val uit my greep. Die are op […]
Sirene Roep
Net die heel oudste mense onthou. Alhoewel, selfs hulle wens dat dit net ‘n verhaal was. Hulle wat aan die oewer van die groot meer woon, weet almal dat hulle versigtig moet wees vir die water: onbewuste vissers verdrink, en kinders wat te ver inswem. Maar die ware afgryse is dié van jong mans wat […]
Spinnekop kaskenades
Dut net in gistraand toe my foon bitterlik aan’t bewe gaan. Ek sit my foon altyd op vibreer deur die nag. Maar kyk, daai foon klink of hy kouekoors het. Ruk my aan my hare uit ‘n lekker diep droom uit. Dog eers dis ‘n nagmerrie, want die perd […]
Krisjan Visser maak ‘n plan (Brons)
15 kilometer van Norvalspont was die plaas Houvasjouhoed. Die topografie van die vallei waarin die plaas gelê het was presies dieselfde vorm as ‘n straalvliegtuig se enjin. Dit het veroorsaak dat daar konstant wind gewaai het. Nou nie daai ligte Suid-Ooster briesie van die Kaap nie . Nee, ons praat hier van Wind – met […]
Geskeurde boeke deur Lynelle Clark
Geskeurde boeke Wanneer jy my omgekrap wil hê, gee vir my ‘n geskeurde boek. Of dit nou ‘n tydskrif is, inkleurboek of leesboek, ek heg waarde aan elke soort boek denkbaar. Nou nog te meer omdat ek die proses van boeke beter verstaan. Die anderdag gesels ek en ‘n mede skrywer daaroor en die swak […]
Terug in tyd deur Lynelle Clark
“Wat maak jy?” vra Melandi met ‘n defnitiewe toon van frustrasie. Vandat Pieter dit in sy kop gekry het om terug in tyd te gaan sien sy hom bitter min. Hy is alewig besig met iets in die werkswinkel. Wanneer sy vra dan sê hy net: ‘Jy sal sien.’ “Amper klaar dan kom ek.” Hy […]
Vrouemaand is ‘n maand om te vier
Dit is vrouemaand, ‘n maand waar Vrouwees gevier word en elke vorm denkbaar. Ons het soveel om te gee en verwag so min in ruil daarvoor tog is daar soveel vroue wat nogsteeds wegkruip agter vier mure van verwaarlosing. Vrouens wat hulself heeltemal verloor het en niemand doen iets om hul daaruit te haal nie. […]
Deel 5 Die slotsom van Huismoles
“Ek kan nie die saak net so laat nie. Daar is Annelien, net om een te noem.” Roep Smittie gefrustreerd uit. Die geveg is nou behoorlik aan die gang en Peet weier om bes te gee. Met sy laaste kommentaar weet sy hy sal dit deurvoer. Om met haar baas te gaan praat sodat sy […]