Tyd gemeet teen ewigheid
een sekonde gemeet teen die tik van tyd een klik van die metronoom van ewigheid een enkele noot in jou lewens simfonie een korrel sand deur die uurglas se vloei dit was al… toe jy op die teerpad val het die seepbel van jou lag gebreek splinters in jou vasgesteek jy sal nooit weer jy […]
Flenter-jy
stukkies van jou lê hier stukkies lê daar stukkies sinneloos gestrooi betekenis verlore stukkies jy nou breinbeseer stukkies jy fyn geskeur lê oral rond hoekom? hoe kom die stukkies weer bymekaar? Flenter stukkies tolbos in die wind weggewaai waar niemand jou kan vind
Bitter beker
Here my Here ek geknakte riet het al my kosbare skat aan die barre grond verpand die swart note gespeel ek het die woestyn se dros voel brand my dag was nag ek is uitgegiet op droë sand geknak geslyp verskeur beproef deur vuur verteer ek het mos al hier gestaan in die dal van […]
‘n Hart vol hoop
En selfs terwyl ek wonder verloor tyd sy aanslag met elke sekonde wat val hunkerend, smagtend, smekend na dit wat was kom wees of net dalk nog sal kom. Rippellend deur waters waar rus is (ridder van dié kabbels) vloei ek saam deur strome van tyd triomfantelik met oorgawe, maar steeds bly die einde verliggend […]
Vredesveer
die stormwind in jou het opgesteek ons ou bome ontwortel alles wat mooi was in my gebreek die weerlig van jou woede het soos sweepslae geslaan my vloedwaters het verwyte gebraak na die storm was dit stil ons was gestroop het ver van mekaar gestaan die wind het sag gewaai ‘n engel het gehuil oor […]
Argelose saad
gebreek verwater afgeskaal nie wie ek is of wil wees dis hoe ek voel in jou afwesige teenwoordigheid. dom en onbeholpe as jou skaduwee oor my val is ek net ‘n buitelyn ‘n potloodskets wat soos niks uit jou lewe gevee word. jou dorings steek in my hande bloeiende hande wat ek uitgestrek hou na […]
Swart hond
kwyl-bek wag jy lag jy vir my ek hoor jou asem hortend ruik jou proe jou as ek rondrol in my slaap hoor ek hoe jy jou naels skerpgemaak uit die newels sluip jy nader ek hoor jou kettings sleep jy vly jou kruipend teen my aan jy is in my ingewande slagyster-vinger om my […]
In glas
ek swart vis tol om en om… nie meer deel van die groot geheel weggeruk uit die skoot van die see alleen en vergete swem ek verbete om-en-om in ‘n kring in die wanhoops-water van my wete niks kan my glas-tronk binnedring die mooi om my is vergete niemand kan my bevry die son sak […]
Masker
op pad uit in die buitelug sit tog op jou gesig die een wat lag en vrolik is jy gaan dit nodig kry gewis… januskop sit jou mombak op nuuskierige oë hou ou dop rooi-gehuilde oë agter brilglase verskuil so gaan jy blymoedig voort dood is lewe en lewe dood