die onskuld van ‘n kind
daar is reënboë in die branders daar is vrede in die wind daar is heimweë in die klanke wat die prentjie saam vasbind daar is vrae onbeantwoord en tyd oneindig min… so verlang ek na die gister die onskuld van ‘n kind EN EK Sê DANKIE, DANKIE VIR DIE TYD WAT MY GEGUN IS… DANKIE, […]
Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]
Seer se 24-uur
Soos pyn deur sonlig dring, waai winterwolke voor jou vensters in en druppels twyfel rol rakelings by jou stil stem verby. Soos sonlig deur seerkry sny word winterwolke ‘n warm wolkombers, en ‘n spieel weerkaats tartend ‘n stillewe van gister. Soos laatmiddagson se hitte broei, word winterwolke skadus van die nag, en maanlig dartel klankloos […]
Onherroeplik
Ek besef -treurig- nou eers, ek het jou lankal reeds verstoot. Ek skeur jou stuk-stuk van my los en bou die legkaart op my skoot.
Ek is die draai van ‘n arend’s vlug
Ek is die draai van ‘n arend’s vlug Ek is die swart swael in die lug Ek is die bliksem in die weer En die taai bloed op die teer Ek is die bleek lyk in die son Eks die bruin-oog vrou op die stadsbalkon Die boemelaar wat sy besittings pak Eks die sypaadjie se […]
Die kind
Die kaai krul swanger om die skepe in die baai. Dartelend speel ‘n vissermanskind Op dolosse wat kreun teen water en wind. Slaap nou-jongmens-slaap. Wind vou om die Kaap. Sluimer-sing van die see, Van haar leë beloftes en slingse weë. Die meeue koggel-skêl, Die kind lag in die wind. -hy struikel in spel, waar hy […]
Vrydag
Tien vingers aan Sy hande een vir elk gebod ‘n doringkroon ‘n lendelap. Is dít die Seun van God? ‘n Houtkruis teen ‘n heuwel vyf tone aan elk voet. Bitterwyn en spykers donkerson en bloed. © Carma Shaw 14 April 2017
Januskop
januskop pasop! hul hou jou dop lag nog ‘n keer teen die seer teen elke skop ou tweegesig januskop! geen verweer teen die skyn weggesleur deur jou pyn januskop, sal jy nooit leer rotse is hard serp punte sny seer wil nie meer kan nie keer januskop! kruip in jou dop daar kan jy skuil […]
Witrot
witrot in ‘n doolhof van vrees sal ek nooit kan ontsnap sal ek altyd witrot wees vasgevang in ‘n labirint kan ek my pad ooit weer vind ek skarrel om en om kan nie by die antwoord kom HOEKOM HOEKOM