Mengelmoes Kardoes
Die storms is uitgewoed ek is gelos met die sand se donker goudstof wat ‘n aand se ure kom voed al wat nog aanhou klop en vra is ‘n honger wese in my bloed wat oor en oor kom vryf en druk en skryf in my kop die e-woorde wat duisel en tuimel is ‘n […]
Vrou
Ek weet jy stap deur tuine waarin daar skadubome is, verby laventelbos en lelies in die blom. Die rose wys hul mooiste kleure net vir jou en ballerinas* dans jou agterna. Die blomrok wat jy dra vou saggies teen jou lyf, die wind speel met jou hare wat (effens wild en vry) verby die ronding […]
Wandelgang
Weemoed wandel vandag deur my gedagtegang en pluk knaphandig aan my hartsnare Jy ‘n monseigneur wat spesialiseer in sake van die Heer stel my opnuut teleur Vertroue nie meer te vind vir my, onder aardse kind wat met leuens verslint en menswees vermink Jou voorgee was onkreukbaar en woorde eens eerbaar hier trek heilig nou […]
VEERTIEN SOENE NET VIR JOU
VEERTIEN SOENE NET VIR JOU Vers1 Veertien soene net vir jou betowerende liefling om vas te hou gee ek ň rooi bos rose om jou te behou verlang ek na my eie nooi smag ek na haar sagte lippe rooi Vers2 Veertien soene net vir jou betowenrende liefling om vas te hou mooiste toekoms vir […]
DIEP IN MY HART
DIEP IN MY HART Vers1 Diep in my hart is ek nog ñ kind wat strewe na drome in die wind waar sal ek weer my liefde vind dat ek my drome vas kan bind vers2 diep in my hart is ek nog ñ kind wat my drome tog eendag sal vind vasgevang in my […]
Fyn – soos fynbos
Ek sien jou staan teen krans en klippilare. Daar is fynbos in jou arms en jou vel is soos ivoor. Die winterson toor heuning en amber uit jou hare. Die aarde is van jou bewus – sy weet jy is ‘n kaalvoetkind wat net partymaal skoene dra. (Sy ken jou vrae, maar elke antwoord hou […]
Tinktinkie
Hoor… Hoor jy dit? Die fyn getik tik van ‘n tinktinkie se pik Hoor… Hoor jy nou? Die liefde roep jou Roep ‘n hart so flou Hoor… Luister gou na die roepstem van opregtheid en trou Tinktinkie fyn met jou lyfie klein hoe vind mens liefde so opreg, skoon en rein?
Een asem
Diep teug ek tot lug aan my longe lek Dan stadig asem ek uit dat dit gebruik Aansluit by die groot eenheid wat die aard-atmosfeer omsluit ‘n Gedagte flits – deur wie se longe gaan my asem nou rits
in wêreld
gif van wêreld suurdeeg deur alles deur liefdes verklarings oor grense van geloof heen groei binne vrugbare aardes van selfsugtigheid en trots valsheid minus integriteit stig vure van agterdog grenslose jaloesie skindertonge vlamme wat my laat terugstaan: nie van die wêreld ©Teárlach
Twyfel
O, wat ‘n doring in my vlees om al een te wees wat blykbaar twyfel Wonderskoon die droom om nes die mensdom om my, perfek te troon Ek stap alleen my hindernisbaan van lewensbestaan met vlaktes om my heen Gevul met doringtakke vol trane, twyfel en pyn terwyl ek wag vir sonlig om op my […]