Mengelmoes Kardoes
Die storms is uitgewoed
ek is gelos
met die sand se donker goudstof
wat ‘n aand se ure kom voed
al wat nog aanhou klop
en vra is ‘n
honger wese
in my bloed
wat oor en oor
kom vryf en
druk en skryf in my kop
die e-woorde wat duisel
en tuimel
is ‘n warboel
dade
nog verpak
in ‘n kardoes
vir 50 jaar.
ons, die inrytyd
op ‘n agtersitplek ingeprop
tot eendag
op ‘n reendag
as ‘n hand die deur oopmaak
en sound of music se onbekende lirieke
‘n nuwe wysie word
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.