Anderdag
Ek wens vanaand
na ‘n dag op die strand
wat voel of in ‘n ander lewe
so lank gelede
Die son op my vel
en wind deur my hare
geen sorge
geen kla
Vakansietyd
Verledetyd
‘n lewe
afgesluit
Dit was anderdag
toe als so anders was
as hier en nou se gemis
hier waar net verlange is
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.