Oer-oorsprong van die liefde…
En jy vertel vir my tog só bitter graag -met adres agter-op dié ou koevert!- van tienderjare-gissings en die vraag na jeug se droom: “Is dit nog ietsie werd?” Maar sou jy (…ás jy nog my briefies hou…) dalk, net dalkies(!) die toekoms-in onthou van die stortvloed van woorde wat getrou met hartklopliefde aan jou […]
Oëverblindery
Maal jou gedagtes soos myne vandag – of is joune lankal stil? Ek probeer tevergeefs om dit af te lag maar myne dwaal af teen my wil. Gebeur dit ook soms dat jy terugkyk na ons en wonder, hoekom die die heelal oor liefde sal lieg? Was jou liefde vir my net oëverblindery – of […]
Die skoenlapper-effek
As ń skoenlapper haar vlerke kan fladder in Japan en ń storm ramp veroorsaak aan die suidkus van Natal – kan liefde ons koud laat met verganklikheid – en die hart ook verander in ń ysberg met tyd.
VANDAG SE KINDERS
VANDAG SE KINDERS Vandag se kinders, moet respek, vir hulle ouers hê vandag se kinders, wens, dat ouers eerder moet gaan lê ouers, staan altyd op, uit die diepste modder kinders is verbaas, oor hierdie grootste wonder Vandag se kinders, wees lief vir jou ouers vandag se kinders, gee eer aan jou ouers ouers is, […]
Trou is nie perdekoop nie!
Dit is die ou bobbejaan met die veldskoene aan wat sy wyfie vandag agter die bult loop haal Met die kar voor die pêre en ʼn stofstreep oor die berge kom hy van vér oor die wapad aan. Dit reën vandag maar die son skyn flou Jakkels trou vanaand met wolf se vrou. Met sy […]
Die onskuld van walvisse
Die wind waai uit die Kogelberg om oor Stony Point te woed en oor Waaygat hang die stank van walvisvet en -bloed * Maar nóú edeltin die waters, die baai* lê so onskuldig in die mis waar vandag nog net die reste en die spoke van fabrieke is. Die wit klip en die strande is […]
Toegang verbode
Toegang verbode Dis die bordjie teen my hart ek is bang om jou daar toe te laat Soveel keer moes my hart al ly want niemand nog, wou vir altyd bly. Die deur van my hart bly toe, vir nou…. Jy sal harde bene moet kou voor jy my liefde sal proe Daar lê telke […]
Ek wou nee sê – maar ek het nie
Hatfield se strate was bloupers verlig violet sambrele het oor ons geblom sypaadjies met pers tapyte vermom Oktoberfees negentien-negentig… Sou ek jou dalk weier, toe jy my saamvra – het ek dalk nie vandag, jou ring gedra. * En dit is alles waar Oktober 2017 – Fees Projek
Die Blou Fees
Tema: Fees. 381 woorde. # Sia spring van die dak af en hardloop by die stegie af. Sy het nie nodig dat enigiemand sien – of weet – waarheen sy gaan nie. Grootendeels het die studente waarmee sy rondhang geen benul wat die ooreenkomste is wat hulle sluit nie. En selfs as hulle dit sou […]