Bitter
Soos ‘n Paulus op die Damaskus-pad het die skille van haar oë geval sien sy jou nóú was die newels van onthou meteens rou uit haar hart drup die bitterheid soos gal stukkend geskaaf deur jou verraad voel sy haar hart se skaal hel oor na haat om haar te laat verbitterd woedend kwaad mislei […]
Liefde is … ingewikkeld
Vir elkeen wat die aarde bewandel sal liefde sekerlik ’n ander waarde of betekenis hê. Vir sommige word dit as wortel voor ’n ander se neus gehou in die hoop om iets uit die situasie te ontvang. Soms is dit ’n geleentheid om onvoorwaardelik te dien. Vir ander is liefde selfs ’n ononderhandelbare item, iets […]
Ek wil lewe (goud)
Vat my enige plek saam met jou enige plek weg van hier enige plek waar vergeet kan verlig ‘n plek met purper plesierighede soos in die mik van jou arms of oor die heuwels van jou heupe waar jou hande veilig oor my kan veld ‘n plek waar buite ‘n binneding raak waar net ek […]
Metafoormens
Ek het gisteraand aan die slaap geraak in ‘n sterrebed met jou hier aan my sy ons het soos dryfsiele in jou bed gesweef ‘n hele nag later wakker geword en geweet die lakens tussen ons is te dik die kamer ruik na slaap en sweet. Jou hande het nog vasgekleef aan my vel en […]
Waterorrel.prag
in elke melodie tower die kleure mooi soos fonteine spuit op die ritme van die wysie in verskillende kleure opgewek in groen geel en rooi die liefde getooi op elkeen se lysie kleurloos val die druppels so dou terwyl ons die liggies alles in kleur aanskou verbasend aan al die kleure in prag en praal […]
Stilwees in liefe
helder voel jy die vlinders in jou binneste met kleur omhul spartel jou gedagtes mooi is die liefde op die wysie van geluk terwyl die horison se geel oranje jou toevou met swart silhoeëtte in mekaar se arms vasgehou blou is die stilwees van ‘n liefdesgedig terwyl rooi lippe mekaar in ‘n kus betug en […]
Waar liefde is, is lewe
Mahatma Ghandi het geskryf, “Where there is love there is life.” Wys my die mens wat sonder liefde WIL lewe en ek wys jou ’n leuenaar. Niemand, nie eens die grootste hardekwas, grootbek-lawaaimaker wil doelbewus ’n lewe sonder liefde hê nie. Almal vra tog na deernis en omgee, al is dit hoe onopsigtelik. Boonop is […]
ons uurglas (BRONS)
ons uurglas jou hande is die padkaart van my lewensreis hier toegevou in jou tere aanraking ego jy die doel van my bestaan jou palms ʼn pasaangeër wat sagkens emosies kom wek en my hartklop in ritmiese maat klop-klop op koers heelhou geluk die sand in die uurglas in jou hand wat stil syfer deur […]
Sonder liefde
Langs die dam sit ‘n boemelaar en visvang, sy visstok is van riet, en sy lyn van draad. Hy het lank daar gesit op ‘n blik, gewens hy kan ‘n groot vis vang. Vir dae het hy niks ge eet, hy was baie honger. Hy het niks op sy naam gehad nie, net die fodde […]
Mymer
My fotografiese geheue onthou nog ons mooi herrineringe pieknieks op lemoengras waar ñ strelende rukwind die parmanente karteling van jou pikswart hare oor jou gesig waai