Bitter
Soos ‘n Paulus
op die Damaskus-pad
het die skille
van haar oë
geval
sien sy jou nóú
was die newels
van onthou
meteens rou
uit haar hart
drup
die bitterheid
soos gal
stukkend geskaaf
deur jou verraad
voel sy haar hart se skaal
hel oor na haat
om haar te laat
verbitterd
woedend
kwaad
mislei deur jou woorde
gegesel deur jou dade
soos ‘n drenkeling
vasgeklou
te lank
aan die wrakstukke
van gister se geluk
bly sy
aan die bitter gal
van haar hart sluk
so staan sy
nou
van haar menswees
gestroop
en weergalm
die verwyte
tussen die
kranse en die klowe
van wat eens
haar
gesonde verstand was
met die reïunes
vernietig
begin sy bou
aan die nuwe sy
en ‘n ander vrou…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek