Soos bloed 3. Sprokie vir ‘n babakind
Sneeuwitjie is in ‘n glaskas styf vas teen my bed. Oom Dokter sê sy is gesond, die sonarboontjie sonder smet! Maar – anders as die storie – is sy sag en donsigrond en oral rosig rooi. Haar haartjies wit soos sneeu, lyk niks na ebbehout en ogies sluit nog die geheim van blou en vrolik […]
OPSTAANTYD
Soos moeder Eva het sy opgestaan die brokke van haar verlede saam met die kreukels en stof uit die lakens oor haar bed afgeskud toe die somersoggend in die palm van haar hand vasgevang en alles om haar in smôrensoranje geskilder – die laaste ster ook opgevou en in haar sak gedruk haarself in ewige […]
Soektog
Net omdat ek dié gedig skryf beteken dit nie dat dit ék is, of my storie nie ek skryf dit dalk vir ander uit ‘n ver plek of vir jou, want skryf is soos vlieg oor blou oseane en hoë berge of sommer net deur stede soos Parys, Los Angeles of Kaapstad – dalk meer […]
Wanneer dit reën in Parys
Wanneer skugter kaleidoskoop klanke met sysagte sonstrale om hoop dans reis ek so graag tussendeur gister en vandag se nou spasies saam met tyd en sy gesange tot in Parys en haar warm reën nagte skuins voor oggend melodieë toesak met tortels wat ‘n stad ontwaak en my fyn geflenterde heimweë diep sug spring ek […]
Jy is my vrede
waar jy my hare saggies in sterstof verf het die maan jaloers gekyk hoe die melkweg in spikkels deur my oë tree my vingers boetseer jou hart se klop as jy ‘n duisend vuurvliegies inmekaar vleg en dit laat sirkel om die skerfiemaan tot dit in my hartklop kon anker gooi die son van jou […]
Droomspore
deur die kneusing van ‘n gewonde droom was jou stem die lullaby wat my kon tula teen die skeuring van die wegholwind die wêreld lê verdwaald in die leegheid van my woorde en my trane word ontvlugtingsbrûe op papier tog word drome hergebore (al loop spore dood) en kry hoop nuwe ankers in bloureënblomme as […]
Die Swartland se Meisie is so mooi
Vers 1: o die swartland, se heuwels is saggies geel getooi staan die deinserige, bloue-berge teen die lug tronend mooi, so kosbaar en so vier o die swartland, o die swartland se meisie is so mooi Vers 2: uit die klowe, en kranse val water in strome vloei die stille stroompies, skone water so saggies […]
Ek wens vir jou
Ek wens vir jou ‘n verbode vrug een uit Oktober (dis mos ons mooiste maand) vol sap en soet goed wat wei in kennis en kwaad ‘n rooie wat vrede kan bring soos Jesus; want mens leef mos net eenmaal een wat soene kan plant op jou ryp lippe om te blom elke keer wanneer […]
Riebeek Wes
Ek het op die hoek van Hofstraat gestaan en snaaks gekry vir myself; ek is pad af, ver van waar ek tuis voel maar hier by Kasteelberg se voet het ‘n ongekende ding my gegroet – ‘n salige vreedsaamheid om die lyf van die mistige horison sonder skaduwees, kronkelpaaie en kwispelende gedagtes – net wye […]