Die gemeste kalkoen
Augustus 1620 het die Mayflower, ‘n 180-ton skip met 102 passasiers vanuit Engeland na Amerika vertrek. Weens onstuimige weer en sterk winde het hierdie skip aan die kus van Massachusetts (Cape Cod), anker gegooi, i.p.v. by die kus van Virginia waar ander kolonies reeds gevestig was. Die maande daarna was baie moeilik en byna helfte […]
Vir jou skryf ek ’n veldblomvers
Vir jóú skryf ek ’n veldblomvers al sou rose pienk en jakarandas pers – ék skryf vir jou ’n veldblomvers van aalwyn wat voor ’n krans lemoen nes dit elke jaar in die Boland doen kyk, die suikerkan speld heldergeel naas mimetesblad wat met die rooi kleur speel; langs ’n restio, teen die berg se […]
’n Storie uit Donkerbos
In Donkerbos, so omstreeks middernag (geklee in ’n tutu van wit satyn) het ’n feekind met ’n vrolike lag in ’n ou kalander se mik verskyn. Die maan het sy in haar palms gehou en met kale voet, op haar toontjies fraai (onder ’n hemel wat indigoblou) gewals, ballet en om-en-om gedraai – so al […]
Gebars tot volmaaktheid
ru omsoom die doringkroon van genade my diepste Anna-mens aan die vloekhout vasgespyker word vrede die lendedoek wat my onvolmaaktheid bedek my woorde die salwingsolie wat lek uit ‘n gebarste kruik tot daar waar dit op papier die brood van vreugde breek en ook die wyn van smart verspil maar my intiemste gedagtes en dit […]
Reis na jou innerlike
Geniet die lewe met oorgawe en passie! dit is kleurryk en laat jou glimlag skitter vervul jou menswees in eie spasie gooi weg al die bitter En jou sagte siel soos stukkies porselein al is jy so baie keer verniel streel Sy hande weg die pyn In die ritme van my wees ‘n lewensboek met […]
Kos vir ‘n honger siel (brons of silver, nie seker)
Ek wil vir jou die somerson se skadu’s bring my bakhand vol soene in jou hart saai kaalvoet oor jou lyf dans en sing en in die soet stiltes van jou siel baai. Miskien kan ek tyd saam met jou versteen of as alles donker raak, vir jou lig plant dalk moet ek net ‘n […]
Seisoenaal
Die wind gryp jou lag wat dwarrel om ‘n boom en sy drag oor ons strooi – dis ‘n kwiltland met blaar en bloeisels getooi! Jou lag wapper aan met die punt van jou serp – blinkoog, kersieneus en skielik somermooi! Jy lag deur my gees en besweer soos menig ander keer ‘n herfshart se […]
21 junie
een-en-twintigste junie juig my hart se klop draai die son terug! ©adéle
Die Reënboog Rozet (OPDRAG 8)
Die Reënboog Rozet verteenwoordig ‘n unieke digvorm met sy ontstaan uit die hart van Afrika. ‘n Digvorm wat die diversiteit van verskillende kulture weerspieël. Die gedig bestaan basies uit 14 reëls wat opgedeel word in 3 kwatryne met ‘n slot koeplet. Elke strofe het sy eie unieke skryfstyl en rympatroon. Die 1ste strofe het ‘n […]
BEMINDE (Opdrag 7)
BEMINDE my menswees wat smagtend verlang na hande soos veertjies wat saggies kan aai na ‘n mond wat skelmpies soentjies skaai so teer so liefies gepamperlang fluisterend woorde wat streel oor my wang golwende passie soos windjies wat draai vlae van begeerte wat om ons twee waai vas in die vlamme van ekstase gevang vir […]