Seisoenaal
Die wind gryp jou lag
wat dwarrel om ‘n boom
en sy drag oor ons strooi –
dis ‘n kwiltland
met blaar en bloeisels
getooi!
Jou lag wapper aan
met die punt van jou serp –
blinkoog,
kersieneus
en skielik somermooi!
Jy lag deur my gees
en besweer
soos menig ander keer
‘n herfshart se waan
en kille wintervrees…
©Charleine Collins (13 September 2018)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.