Eerste liefde (Opdrag 7)
Kom proe die kleur van my vrugteboorde waar hartsnare saam kan speel soos water wat oor klippies kweel drink ons ons liefdeswoorde as ons lippe vlinder oor akkoorde ons ons simfonie kan deel waar ons liefde alles heel verken ons saam vreemde oorde die klinkende kleur van ons simfonie breek in vervulling oop deurdrenk ons […]
Nuwe lewe
geneties gestoor – ‘n broeiende begeerte ontluik tot lewe
Genade (OPDRAG 5)
in die oë van ‘n kind neem ek telkens waar ‘n stukkie van U vaderhart staar in verwondering na die son wat soggens die lug met lemoenstof kleur dan borrel my wese oor van dankbaarheid voel ek skatryk en geseën want U liefde is onbeperk (dié) voedingsbron waaruit genade vloei ©Driekie Grobler
Bring vir my geelperskereën (Opdrag 5)
Winter lek wonde agter rooikoperduine waar bokspoortjies blom in die stille gesuis van ‘n namibswind wat my denke opsweep met ongerepte liefde – s m a g t e n d na die appelkoosgeur van jou warm asem wat my lippe sag betas (soos geelperskereën) en die somer in my opnuut laat ontluik ©Loretta Szikra
Lepellê – Opdrag 4
luister, die stiltes het verstom selfs lumierstrale gordyndans swygsaam ek wag nog tot jy ontwaak jou asem sag en rustig langs my ek voel jou hand op my lyf (nog naak) luister, die stiltes het verstom jy kreun en draai my stywer in jou arms als raak doodstil, selfs jou asem in my oor © […]
Toegedraai
Opdrag 4 – Suggestie Toegedraai soos die horison se blou soen op die see in mekaar toegedraai teenaan my onder wit satyn wat soos wolke wieg en waai met ritmiese, konstante branderrol oor die wye strand van jou lyf tot ons tuimel, breek en spoel (oor en oor) in mekaar toegedraai © Grootvissie Augustus 2018
Wees waaksaam (OPDRAG 4) – SUGGESTIE
Die brandwag staan paraat, waarsku ieder en elk (oor dit wat saak maak) om selektief te luister – ‘wees wakker, wees waaksaam’. Luister na jou binnestem sodat jy betyds kan rem, nie deur paradokse propaganda mislei sal word – ‘wees wakker, wees waaksaam’. ©Driekie Grobler
LIEFDESDANS
As die son sak in die weste om my rivier in pienk te tooi dan vlieg my hart deur die tralies van my bors ver na die suiderland opsoek na jou… en dan sodra die maan se lig die nag se sluier wegtrek en ou Afrika se veld in nuwe kleure baai ontmoet hy jou […]
Dagbreek
‘n versluierde tafereel van opaal ontvou uit mistieke newels van fetale blou die eindelose wonder van die suisend soekende see roerende, roepende branders sleur my mee uit die nag se swart kom die bruidegom sy lig oorwelf die duister horison seëvierende son gedra op gegote vlerke reis triomferend hoog bo aardse perke ver bo die […]
Pretensieus (Opdrag 2)
ek sweef op die soetsuur noot van “ek lief jou” waar ons toekoms blink in die weelderigheid van jou oë en ek veiligheid vind tussen die resonansie van fluweelwoorde wat ʼn illusie van volmaaktheid skep die realiteit was toe nooit jy nie uitgerafel en verflenterd staan ek tussen my eie braaksel van herinnerings vol sagte […]