Bruid van die Onpeilbare Dieptes
Liesel loop uit die huis uit, haar dun truitjie styf teen haar getrek soos die wind dit probeer steel. Daar’s net een plek waarheen sy kan gaan om beter te voel: die see. Sy loop vinnig deur die stil skemer strate. Al haar bure is besig met aandete. Sy’s seker daarvan, want dis die tipe […]
Wenners: Winter nostalgie projek
Gedigte afdeling: 1. Viooltjie met Pappa rym is immer 2. Koekekranka met Lappies 3. Ammie moon met Kaneel en warm sjokelade Verhale afdeling: 1.Helena Mellet met Koue hande warm liefde Baie geluk aan hierdie 4 skrywers
Saphira die Magtige Feëtjie Hond
Saphira en Cian sit langs mekaar op ‘n duin en hou Eolande dop waar sy skulpies op tel. Die Feëtjie Hond het haar towerkragte gebruik om haar beskermling in waterdigte skoene en broek te klee. <Om haar so naby aan die see te sien maak my onrustig,> sê Saphira. ‘Hoekom? Die Selkies sal nie weer […]
‘n sekere soort droogte
In hierdie waterlose oorde wurg ek nog aan jou woorde en vind geen lafenis daarin. Net die vuur van haat en nyd. Net die barheid van ‘n dorre aarde. Net krake in die klei. Net bome sonder blare wat nou in loof moes wees. Ek wou jou lees jou gees verken jou oë laat sien […]
Saphira die Swemmende Feëtjie Hond
Die Feëtjie Hond – wat nes ‘n Rottweiler lyk – sug hartseer. Haar voetspore kan orals oor die strand en die duine om dit gesien word. Dit herinner sterk aan haar bestaanskrisis nie lank nadat sy Eolande ontmoet het nie. Saphira het haar belowe dat sy haar sal vertel wat sy ontdek het op die […]
‘n Kamer met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van Engeland)
Beste Shirley ek neem foto’s deur groot ruite met die skoonste, skoonste glas. Vér onder groei sipresse en die groenste, groenste gras. Die dam lê blink en blou. Ek skryf vandag vir jou vanuit ‘n vertrek vol vrouens, koek en tee. Daarbuite speel die mense gholf. Dit voel als so half koloniaal vir my. Ek […]
sluk.dans.voel
Ek het verdrink in seer Wat eens liefde was Ek was begrawe onder kwaad Wat eens ‘n glimlag was Ek was verdwaal in ‘n plek Wat eens só bekend was Ek het ‘n gat Waar eens ‘n hart was En toe sé God – Sluk jou trots En gee dit weer ‘n kans Gaan dans […]
So Bittersoet
Warm op my Lippe Soek ek jou In my hande Toegevou Op my tong Jou bittersoet Wat my oppad na droomland groet Met koffiebruin oë Sluk jy my in En ‘n oomblik saam met jou Was ‘n oomblik te min Net soos laas nag Soek ek jou weer ‘n Koppie vol van jou En ‘n […]
Teenstellings projek wenners
Gedigte afdeling: 1. Mariska Smit met – Doka 2. Mariska Smit met – Tweestryd EN Viooltjie met – Die vrug van jou skoot 3. Anzé Bezuidenhout met – Oorwinningsgloed EN Ammie moon met – Daardie nag Rubrieke afdeling: 1.Hennie Fritz met – ‘n Verhaal op elke gesig Baie geluk aan hierdie 5 skrywers
Bly
Ek sien hande wat my vashou In my seerste donkerblou Ek hoor iets soos passie Die ritme laat my dans Ek voel ‘n glimlag Dit laat my saamlag Ek skree my geheime Saggies in jou oor Jou lyftaal spreek veiligheid En ek glo elke woord Bly hier By my Vir altyd