Duineveldsand
Hoe vind ek jou hart? Hoe vat ek jou spoor? Oor die duineveldsand Het jy my verloor Toe die skemer kom Was die spore dof Deur die wind verwaai Weggesteek in die stof Met die nuwe dag Was ek steeds verdwaal Want jy roep na my In ‘n vreemde taal Wat my hart verstaan Maar […]
Bitternag
Ondier, ondier my ding die mislug skitter hemelhoog die sekelmaan spook oor die berge jy sit saam met Elia onder die besembos en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou met kleure en klanke geur ek […]
Daar’s ‘n Ou Man wat Huil
Daar’s ‘n ou man wat huil in die park op ‘n bankie as die kinders baljaar in die vroe-môreson, en die pa’s en die ma’s met bont piekniekmandjies wat kyk en wat lag hulle aan kinders verstom, en die ou man wat huil in die park op die bankie kyk terug op sy pad maar […]
Die Groot Seer
‘n Man beweer die liefde maak nie seer, dis net maar die verwerping wat die pyn bring en die wonde rooi laat bloei… maar as die liefde skoon verkeerdom in jou hart loop lê en jy die een wat nie aan jou behoort nie teen die prikkels in wil hê en jy jou bloedneus loop […]
Kindwees
‘n Eensaam traan gly stadig oor die geplooide wang, veg moedig vir ‘n oomblik teen swaartekrag se drang, en stort dan vinnig sonder weerstand blinknat straal tot op die sand. ‘n Hand wat bewend agternavee om te stop die stortvloed weer van hart wat pynklop diep hier binne, en wat vra ag hoekom, waarom Heer? […]
Belydenis
Die snik in haar oë maak die voorlopersnit soos die dokter se lem strepie rooi agterlaat, voor die bloed uitwaarts beur tot die klein kake klem om die vloed eers te keer. En die kraak in haar stem is die lem wat ontbloot, dit wat diep eers gelê het, weggesteek, weggekruip, wegebêre. Van die skuld […]
Amber tot Skarlaken
Amber die lig deur die vog in my glas wat warm afgly in my keel maar verkleur tot skarlaken en karmoesynrooi waar dit weer uit my arm uit vloei Die son sit al hoog maar die skemer is sterk en die glas word al swaarder al loop dit nou leeg en my brilglase dof… gelate […]
Almal betaal sê die wet
……….....D ………..…R …………..u druk k KURD tot my borrel bars soos jy sê ek is ‘n d D D r r .R u u U p p P op die sinkdak Spreukevrou, […]
Nagwind Oorwinning
Die nagwind die huil Eentonig om die hoeke Van die huise Deur donker nou stegies Bo-oor ou rommelmensies Wat bondeltjie trek Teen voorwinterkou Die nagslierte hang Aan die dorings van drade soos Winddans papiere se flenters Die maan haak hom vas Aan takke in bome Soos dooie herfsblare As die sonstrale beur Deur die vroegoggend […]
seer
waar jy in jou karretjie sit by die stopstraat in die stad met vars kosware aangekoop oral in die karretjie ingepak waaraan dink jy jong vrou wat gaan in jou gedagtes aan sekerlik net aan jou kinders of jou familie by die huis plotseling is jy nie meer daar wreed weggeraap deur barbare nou lê […]