VERWAGTING
(Vroeër het die warm son soos ‘n hellevuur gebrand, deur die dynserige hemel bo die purper krans se rand) VERWAGTING Dis die einde van Oktober en die middag is al laat. Bo die boulevard (in Brackenfell) en die karre in die straat, oor die hoogtes en die heuwels waaragter Bolandberge kring – hang die donker […]
Dans lappop dans
Hande netjies op haar skoot gevou Sit die lappop en wag vir jou. Dis kwart voor saans en die poppe moet dans! Genade-gare om haar bymekaar te hou Soos sy verbete aan haar lappies-hart klou. Jy mors al jare met die lappop en fluister jou leuns in haar lapkop. Jy pluk mos aan […]
Boemelaar
Boemelaar Hy staan verslete langs die pad. Uitgestrekte hand om te bedel vir ‘n rand. Wat het hom daar laat beland? Het die lewe hom heeltemal afgemat? Verskroei, verkreukel en verslae, staan hy langs die pad vir dae. Soms kry hy ‘n sagte brood, ander kere ‘n harde woord. Hoekom bly hy daar staan? Skaam, […]
Laat die dag se fees begin
Die aand gryp met windstil arms na my en die snippers glas in jou oë se grys wat jou siel se alleen en donker wys van lieg en veg en stry Leeg en lig wat sweef na buite tussen herfs se fees’telike blare in die water en in die lug dis sweet-en-skilfer-suurkonfyt dat ons met roet […]
Heks se houvas
Heks se houvas Voel jy soms die heks se klou, wat jou arm styf vashou? Daardie heks waarvan niemand weet, die een wat jou van binne af opvreet. Al ruk jy jou los uit haar greep, eggo haar lelike lag in jou kop. Jy kry haar nie weg gewas met seep, daar is net een […]
Die Wensmeester
Al die kerse was aangesteek, tog kan die lig nie deur die donkerte breek nie. Vandat die laaste magiese gedierte gejag en in die kasteel se binnehof doodgemaak is vir almal om te sien is die spieëls dof en het vuur opgehou om lig te gee. Die sonlig is gedemp, maar dit was beter as […]
Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]
Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
Lila mymerings
Fluweel sag kruip hierdie nag oor die voue van my dag my vlerke sleep stofstrepe oor alle helder voetspore en vernielde verlange. Papgeplukte drome val sekuur vas teen die maanlig-mas van hierdie ster beligte nag. Hang my tog teen jou versies vanaand nog, asseblief woord-vir-woord herskryf my tog tot bywoner van ‘n gewone grote bestaan […]
Lag my ‘n lied
My horison strek oor die somer van jou lyf rimpel-gedagtes sweef heen en weer ek hoor hoe jou stem die wind wegdryf ek maak my oë toe vir nog een laaste keer. Stiltes trillend oor skemer se nood ek is alleen, selfs niks, sonder jou en tog, bring jy die eerste herinneringsbrood met die aanster […]