Jongste aktiwiteit:

tweevoud

–
langs die mond van die bergrivier
is daar ‘n marina gebou
waar daar vrolike
en duur huise
staan
–
by omtrent elke huis is daar ‘n boot
van oral kom die mense hiernatoe
afgetree en werkende mense
kapitaal kragtig en aktief
alles gaan oor water
–
twee gemeenskappe woon hier
veldrif en die van laaiplek
twee stelle gemeentes
twee soorte mense
maar ook dieselfde
–
die visbedryf is die grootste
bron van arbeid inkomste
daarnaas die toeriste
die wat daar woon
is weskussers
–
©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed