Jongste aktiwiteit:

bykans

–
die feite van die nag
lê uitgestrek oor my duin
elke hoogwater opdrifsel
elke spatsel van geweld
–
hoogwater merke bly lê
dit skuif elke dag verder
nader aan die volmaan
spring dit sommer op
–
my lewe lê soos ‘n merk
hoog- en laagwater merke
bykans kwart eeu van is
wat die Vader wil wys
–
soos altyd is bykans
nie regtig daar of waar
dit bly maar amper so
slegs tyd sal leer
–
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed