TYD
Tyd
sand
korrel korrel
deur die nou poort
van die uurglas
hoop
drup drup
deur die buis
tot in my liggaam
vrees
murmel prewel
woord vir woord
word ‘n bang gebed
net ‘n onseker poging
om tyd uit te koop
tyd saam met jou
tyd saam met ons kinders
sal ek oorleef?
of sal ek deel word
van dié vir wie die sand
finaal uitgeloop het
© – Barbara Smit – 17/02/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD