Jongste aktiwiteit:

TYD IS GOUD

Tyd is goud

my oë swaai op die skoppelmaai
oor die vlaktes van my gedagtes
prentjie die skadu’s van tyd
skoppelmaai kind in die wind

h-o-ë-r en h-o-ë-r en h-o-ë-r …
in die tydsone van ons drome
betree ons ’n fantasie-wêreld
soos Alice in Wonderland

doodgedruk het ons die wekker
kindwees is sorgvry-lekker
die wekker se stem het gaan staan
maar tyd het tik-tik voortgegaan

gekreukel het ons kindwees
in die gordyn van die wind
ons skoppelmaai het moeg geword
tyd tik nou op sy sitplek voort
omdat ons nie meer in sy prentjie pas …

“An inch of time is an inch of gold
but you can’t buy that inch of time
with an inch of gold.” *

 (*Interteks: Chinese gesegde)

——-ooo000ooo——-                                                                                          

(© Pieter Mostert)

 

(BRONS)

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed