Jongste aktiwiteit:

Tyd is kosbaar (Brons)

(vir die Steyns)

 

Hoe verganklik is die jare, Dolla

so broos en so mooi geskep

op maat van die dag-en-nag-eweninge

het ons sag deur soveel somers gewals

 

my aardse wandeling is nou tot ‘n end

die pad het onverwags opgehou

maar onthou … my liefde bly leef voort

sag in die onthou van ‘n traan

 

wees suinig om jou tyd in die wind te strooi

geniet die avontuur op jou nuwe pad

en moenie verdwaal in gister se mymering nie

want tyd is te kosbaar om te verkwis

 

ek groet jul nou vir ‘n stonde

want ek is nie regtig weg nie

eendag sal ons mekaar weer sien

en soet sal die weersiens wees.

 

© Taai Bonthuys




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed