Uit die Venster van my Siel
Uit Die Venster van my Siel.
Blink skyn die son in my kamer
En weet ek God is hier
Raak elke straal my hart se punt
Want Vader het kom inloer
Saggies streel Hy oor my liggaam
Met n briesie van n windjie
En weet ek God deel n drukkie
saggies prewel ek ‘Dankie’ O, Heer.
Uit die venster van my siel
Reik my hele menswees uit na Hom.
En voel ek n glimlag na my,
Weet ek Vader wil my nog gebruik.
Jou plek nog nie gereed,
daar nog moet kom, waar jy gaan wees
Verstaan ek, hier is nog baie werk,
Gevul moet elke venster van n ander se siel.
©Louisa van Vliet(Amazon)
3 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Mooi opbou na voortreflike slot. Welgedaan.
-
Anze
sjoe hierdie is pragtig en so uit die hart vasgepen!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
louisa die diepte van hierdie werk het my getref