
vryheid van bataan
ek skink vanaand vir jou ‘n lourierkrans
gemaak uit suikerbos, fynbos en safraan
blommeprag van die hooglande in basaan
ek drink saam met jou uit ‘n kelkie sjerrie
afkomstig uit spaanse droogland wingerde
geur van steranys wat oor my palet draal
oor my hele wese wat vryheid uitstraal
soos druiwe wingerde van die boland
toe voort bestaan nog eerlik was
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2020 – OOP-projek