Jongste aktiwiteit:

Vuur

die vonk is blou,
papier vlam randjies
opsoek na meer droë
gesels maatjies

die vuur is rooi,
skrooi splinters dan takkies
die dik hout begin broei
en alles rook saam

kleure begin bokspring,
harde stamme klap
hitte ontplof
die vlamme klets uitbundig

jare sonskyn gloei nou wit
in die koue nag uur
en gedagtes gloei
warm oop




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed