waar seders val
inheemse bome kom en gaan
in oneindige proses van groei
voortplanting gesond en sterk
aangeplante bosse groei en val
word gevel sodra boom ryp is
om hout te voorsien aan bedryf
sederbome was altyd aangeplant
op die grense van begraafplase
vandaar metafoor van seder val
hierdie dis funksionele lewensjaar
het die klem gebring op seders ja
soveel seders het geval val steeds
afstande is uitgewis tussen mense
wat traumas ervaar en die ander
geen gesin het meer geen trauma
iewers in familie of vriendekring
het daar hierdie jaar seders geval
hartseer word die nuwe leefwyse
mense leer hoe om hul vyande
lief te hê maar ook vel te haat
haat en liefde raak verstrengel
die hele wêreld word ‘n poel
‘n poel van haat en oorlog ja
gerigte raak ou nuus vergete
nuusblaaie raak outydse snert
nuus versprei vinniger per sel
mense raak hard en sinies ja
bo-oor dit alles broei daar iets
‘n storm van valse hoop en lis
waardeur byna almal verkul is
wie sal staan op die laaste duin
wie sal regop staan voor laaste
projektiele afgevuur gaan word
wees paraat raak oud en verkneg
wees voorbereid lankal oudmodies
laat kom wat wil lyk al meer getrou
dood is slegs tydelik en oorwonne
die lewe is steeds die hoogste prys
werklik vir ewig te lewe in Sy krag
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.