
WAG
WAG
swyg
wag stil
want swetsend
soos die see nou brul
sy hart en gees
met woede gevul
die wat waag
om in sy pad te staan
word snerpend
met die tong slaan
so stil bedees
kan hy soms speel
so saggies
oor jou voete streel
so wag
wag stil
wag swygend
op ‘n beter bui
wag maar
dat rots en water
klaar baklei
© – Barbara Smit 10/05/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.