weemoedige druppels
sag sif die druppels reën
op deurnat bas lê koue wit
nuwe groei kruip en krul
vul die lug met nuwe geur
natuur vorm ‘n boodskap
van blydskap onder smarte
in elke totsiens ‘n nuwe groet
weemoedig maar vrolik
vul aarde en vermeerder
met jou kinders se kinders
ontwikkel en verbeter alles
sorg veral vir nuwe groei
in elke druppel ‘n reënboog
kleure bind en verbou geheel
wyer oor wydste uitspansel
dra mens sy geboorte reg
Ó Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.