
Wenners
raak hard
vat is wen
slyp jou geraamte
tot ń herkenbare diamand
ander is vuil gevlek
deur jare se geskrop
hul potensiaal is verlore
ongeag kaarte van plastiek
slyp eerder
aan ’n eie animus*
tussen al die stukkies
gebreekte glas
*animus s.nw. (Latyn) 1 Siel, gees, gemoed, wil, bedoeling.
Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.