
Ystertenk Denke
dun gerippel
staal gerond
son hoog gelig
in winter se kou.
die houer
wat suiwer water hou
diep gegrond.
Verhewe bo gewerkskaf,
in die hoogte.
alleen bereikbaar deur
moeilik staal stelasie te klim.
sonder enige wêreldse
hulpmiddels of waardes.
O, om in die winter
bo-op die grys grou
dun staal te sit.
in die helder
Vrystaat
kou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.