
wil weet
toe ons nog was
‘n harde span seuns
van neëntien en twintig
getrap, gepars en gevorm
is ons geleer om te volg
eers om te volg en dan
om te kan voor stap
dit het altyd ingesluit
die beginsel van die
nodigheid om te weet
so het ons Skepper
ons ook gemaak
wanneer
dit kom
by kennis
oor die
toekoms
en die
wederkoms
van Sy Seun
slegs ‘n dwaas
wil die antwoord
ten alle koste
weet
so
wil jy dan
uit jou armsaligheid
vir jou Skepper
voorskryf
asof jy
beter
kan
weet
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loret
Dis n hart at stukkie volwaarheid, gedagtes wat nou rou geskaaf in n weermag trommel lê. Baie goed geskryf