Omstandigheids Werk
Buite reën dit katte en honde en tussen hulle, dik hang die sonde. Toegedraai in die wit laken wyl sy kyk hoe tydsaam hy aan sy sigaret teug, vee sy haar hare oor haar voorkop terug; sy verbloem haar ongeduld – vermy sy oë en wag tot hy uiteindelik sê: ‘dankie, dan gaan ek maar’ […]
GOD IS ALTYD DAAR
GOD IS ALTYD DAAR Dinge kom nie altyd reg, maar weet verseker: God, jou Vader, gaan net nooit nie weg.
As Ek Soggens Ontwaak
As Ek Soggens Ontwaak¬¬¬¬ As ek soggens ontwaak is jy die eerste een op wie my oë liefdevol rus al is jy nog in droomland— Jy is die liefde, vreugde en rede waarom ek my dagtaak kan aanpak. Elkeen gaan sy weg waar werk en pligte roep met die seker wete vanaand kom jy huistoe […]
Laventel
LAVENTEL. vanjaar bos laventel mals heuphoog in die vleie van my hart, persblou skakerings wink welig oordadig om jou sag neer te vly verlustig in die vrede, aroma van gekneusde blaar stam en blom wat welriekend geurig jou verkwik. naby my hou. ©linda
Wintertyd van my bestaan
Wintertyd van my bestaan soos die veld om my Is dit wintertyd vir my bestaan trots staan ek met my oerlyf wat nou my doodsvonnis is my horing wat my beskerm het teen ander in paringsritueel van eeue ontwikkel my horing wat wonderwerk is oor millennium gevorm is nou my verdoemenis paraat kan ek wees […]
Hou jy van wat jy sien
Hou jy van wat jy sien? Die vraag klap soos ‘n skoot na binne Hou jy van wat jy sien? Die antwoord is maklik Ja ek hou van wat ek sien Waarom is die antwoord maklik? Dit is maklik omdat ek jou hare kan voel en sien ‘n pragtige bos wat wip en swaai sag […]
Agter draad en pale
Met Draad en Pale word my bestaan geruguleer want die geklap van ‘n skoot en die gekap van ‘n byl het alles omgekeer my modderpoel is nie meer een van my maaksel nie maar die van ‘n mensekind wat dink dat ek dit sal waardeer ek vat dit maar want daar is niks anders weeskind […]
Laaste Uur
Laaste uur al is ek so klein word ek afgemaai vir die klein stukkie op my kop my ma is dood haar bene stokstyf op die foto van koerant geen nageslag vir my slegs eensaamheid en wagte om my te beskerm teen die sterk wit boerseun en omgekoopte stroper wat afmaai soos hulle wil die […]
Sielsgenoot 1
weet ek wat dit beteken om ‘n sielsgenoot te he een wat weet wat in my kop aangaan wat weet as die traan oor my wange kibbel een wat die sout van trane verstaan een wat ruk van twee uur se geklop in die nag wat hulp kan roep as dit so gaan een wat […]
Asblikmensies 1
Die asblikmensies in die oggend sien ek hul grawend in die rommelsak soekend na iets soms is dit seker kos anders is dit iets om te verkwansel soos skroot my pens is dik gevreet aan pap lekker het die kos in my keel afgegly met ontbyt nou wil ek stik want elkeen wat ek sien […]