ZELDA HFSTK 4
In die drie maande druk Zelda haar stempel op “African Art and Culture af. Die besigheid se omset verdubbel feitlik maar blom die romanse ook. Paul en Zelda loop gedurig en handjies vashou, soene word gesteel en raak die fisiese kontak al intenser. Zelda word die liefling van almal en is Paul se ouers ook […]
My Geskenk Aan Jou
My Geskenk Aan Jou Niemand, kon ooit nog sy beminde in sulke onsterflike skoonheid besing as in Hooglied nie— Niemand, kon ooit nog al die edel hoedanighede van die liefde so volmaak beskryf as Paulus nie— Niemand, Kan dus Paulus of Hooglied oortref of ewenaar nie maar steeds besing ons die wonder van die liefde […]
Drome verdroom soms storietjies
Ek hoor in vroegnagskemer die waarsê van die maan as sag sy stem op aandwind my liefderik vermaan: “Elk’ dingetjie op aarde is mos sy sousie werd van ‘n pavementbrakkeffer tot ‘n resiesperd.’ En later, heelwat dieper in ‘n volle-maanskynnag, hoor ek aan blaargeritsel kabouters aan die lag. Wil so bittergraag ook weet waaroor hul […]
Sielswens van ‘n slegte dromer…
Die voorjaarson sak statig, frambroosvergroot, agter gunter vlootblouberge en die somervlinders, wat soggens saggiesstrelend oor die keur van blomme sweef, het reeds op skeut van fynbosgroei hul selwers vasgeweef. Die wind haal rustig asem as die aandster dof beginne blink teen die laaste ligweerkaatsing as voorafskadu vir die dag wegsink en die kriekies waag so […]
Smelt
Woorde drup oor jou lip in my oor, lek in my nek af om te proe wat ek hoor
Tweestryd
As jy my entoesiasme blus met antagonisme mag ek jou dalk net met entoesiasme antagoniseer
Sprogedie
Sprokie liefde is die skulp waaruit ek my pêrels skep ‘n halsnoer om my nek vibreer stom as my stem Lekseme lê soos Sneeuwitjie in ‘n glas kis ten aanskou aan hartseer verstik met ware liefde opgewek Om saam Skoonlief weer die Ondier te trotseer met n wals van woorde ‘n roos se verlep te […]
Pyn
In my hart ingegrou diepe letsels gesny, seerkry oor jou sal vir ewig bly! Verwerp, eenkant gestoot… doodlewendig voort. Ellendig in nood, dis ek, dis my soort! Diep in my dop ingedwing swygend eenkant, trane wat sy eie seer sing elke dag se trant. Verafskuwing wat kleef sit vas soos doodskleed. In my siel vasgeweef […]
Lettergreep gebare
Jou sekelmaan glimlag ondeund saffier-sterre wat polka om pupille gooi goudgeel prag- in dor- droewig dag Jou piesangtros- hande se gebaretaal praat met lettergreep vingers wat sketsend beduie as toeka se getuie