Droogmond prewel
Op die verweerde winter horte van my diepste binnesluis brand warm koker vure, én daar komponeer jy dan ‘n minnesang op die nat wasems van ‘n vergete ruit Snoer jy my blanke hals in fluisterklanke – wat soos ‘n wingerd van pêrels, in violet bot omkrul my voel met rankvingers van ‘n immergroen Sag omsoom […]
Oral daar
Waar sonneblomkoppe hemelwaarts keer verf sonbal sy strale teen plafon van sfeer waar paddas eentonig in rietjiesvlei murmureer en walvisse die magtige oseaan domineer by skedelkus waar son skeepswrakke verweer en wit beendere verder disintegreer in kranse hoog waar arend triomfeer en in bosveld wat droogte moet trotseer oral ja oral het ek net weer […]
Gebed: In, maar nie uit die wêreld
“Sou ek nie bìtter graag wou ken die oorsprong van my angs en vrees? Dan sou ek mos as enkeling gehoorsaam dat ek stil moes wees in onvervreembaarwete dat U Stem vermaan: “Hier bly jy net ’n Vreemdeling.” O Heer, as eens my tent beginne reep en ek in eie vasgevange sonde tot U smeek; […]
Sien Is Glo, En Glo Is Sien
Sien Is Glo en Glo Is Sien. O, om net kan sien, om net te kan hoor, en met albei gawes geseënd te wees! Sien is glo, en glo is sien, maar uit rebelsheid beur mense stroomop en is horende doof en siende blind omdat moedswillig die gawes van rede en insig opsy geveeg word […]
DIE WINTER HET BEGIN
Die maan het gisteraand ‘n traan laat dros tot op die nagskilder se pallet wat silver spatsels klots teen bakkersbossies waar naggoggas reisagente by die voordam se oorloop bekkie speel en somer blaar armades wegseil om plek te maak vir die winter wat begin Die maan se skewe wit glimlag skoffel die nag se speelkaarte […]
Soos ‘n Wildsbokkie
Soos ‘n Wildsbokkie Waarom vrees mense die stilte en om alleen te wees? Waarom liewer een met die skare ingehok In oorvol kafeetjies, winkels en restaurant onrustig en bang om eenkant afgesonder te wees— Vanwaar die kudde instink van veilig in die groep? Ons sekuriteit is gesteel, die alleenmens het ‘n prooi geword agter slot […]
OOM DUP EN DIE BETHLEHEM DRYWER
In die dae van stoom en semafoorsinjale het Kroonstad vier seinhuise gehad nl. Kroonstad-Noord, Kroonstad-Suid, Gunhill-Noord en Gunhill-Suid. Gunhill-Noord het die toegang tot Gunhill rangeer terrein saam met die hooflyne na Gunhill-Suid en Kroonstad-Suid beheer. Oom Doep was n seinwagter in Gunhill-Noord. Sy bynaam was Doep Buikspraak en dit sê heelwat van hierdie legendariese karakter […]
Maankyker
Al ooit gespring en ‘n ster probeer vang En vir ‘n oomblik aan die hemel bly hang Toe daar niemand anders was nie Toe laat jy maar gaan En beland weer op jou rug Onder die maan Al was jy alleen Het jy daar bly lê Om te sien of die donker Iemand soos jy […]
Toe die volmaan praat…
Kaasgerond en gangvertraag gangloop jy in vasgestelde wentelbaan sonder haas onaangejaag as die dagligson in koper ondergaan en in ‘n waas van godelig ets jy wilgers vlottend tussen lotusblaar en -blom as die aandwind swig en verbluf die luister van die nag ervaar. Die floue flonker van jou lig wat omgekeerde ruglêsterre kaats het die […]
Ek is maar kosmos
saamgebondel in geen spesifieke vorm gerangskik in pastel neffens doringdraad indringerbome wat beskerming bied oor ons wit, pers en skakering pienk neurie ‘n hartseerwals in golf van wind halfpad deur ydel reën en stof verslind maar ons is die natuur se pragportret deur Sy hand self gesaai, neergeprent