BAIE BELANGRIK: ‘N MOET LEES VIR ELKE LID EN VRIEND VAN INK
Ek wil julle net weer herinner aan die gala funksie op 22 Oktober 2016 by die hAp-huis in Pretoria. Ek wag nog vir ‘n paar lede se bevestigings of julle die funksie sal kan bywoon al dan nie. Ons besef dat dit finansiele implikasies het, en dat ons nie onnodige druk op ons lede en […]
SOLO
“one day she found her song and sung her truth and the woman that this cold world had known disappeared”–J M Storm— solo vreesbevange vir die sprong in die duister blindelings gedurf veilig geland ys gesplinter snakkend moed gegryp uit die donker vlerke gesprei gesweef na selfontdekking verborgenhede oopgevlek woorde en verse het ontsnap vryheid […]
Oumense en Elfies
Die houtvuurtjie knetter om stories te hoor en ons sit al klaar in ons drome verloor om grootoog met muisoortjies te luister wat Oupa se elfies saans vir hom fluister! En Oupa vertel van die Son en die Maan en van elfies wat ook maar eendag doodgaan… Maar Oupa se stories sê darem bý Oupa […]
EK KEN
Ek ken ‘n woordeboek se skrywer sy voornaam AFRIKAANS en sy van MY TAAL Hy woon in hartskamers van die Kaap tot in Transvaal en stook die vonke van ‘n ou kombuistaal tot suiwer Afrikaans Die woordeboek se smeltery spat suiwer letters van Namakwaland tot in die Baai waar skrywers bakhand staan om neer te […]
…TOE GLIMLAG JY
Die son gly-skuur weer sy vingers oor die geëelte kranse en kom soek skoor by my voorstoep met sy soetstroop goud beloftes en sopnat blare toegevou in hoop Die winter se weggooi blare draf met giggel laggies voor die oggend se windvingers oor my wit gerypte grasperk en verdwyn by die plaashek soos ʼn meerkat […]
TERUG TUIS
Struikel-struikel, stort ‘n goue blaar gehupstoot deur die laataand windjie op die grasperk se stoppelbaard vernederd neer terwyl die maan haastig glimlag en weghaas sy skoonheid net ‘n korrel verf gespil deur die Opperhand Roer ‘n doringboom ekstaties op die maat van die stormnag se ritme slaan die weerlig op die nag se dromme en […]
Meesterstuk
Dit was soos kuns Wat gewag het om te gebeur Dit was perfek: Die musiek Die sterre Die alleen wees Jy Gegryp wat ons kan Voor die tyd als weer kom wegvat Gedoen wat ons kan Met die bietjie van onsself wat daar was Dit was soos kuns Wat gewag het om te gebeur Toe […]
Paradoks
Vir ‘n oomblik kon ek my hart buite my hoor klop Vir ‘n oomblik was my hart weer op ‘n plek waar net ‘n kind sin kan wees Vir ‘n oomblik het ek buite my mure rond gedwaal Vir ‘n oomblik het ‘n vreemdeling bekend gevoel n oomblik was genoeg om alles te verander Vir […]
So ontsteld ……………., (oor ek nie kon sê nie)
Ek het deur die newels heen gehoor toe dokter Schoeman sê; “So jammer, Pine, my ou maat, maar die gehoor is die laaste sintuig om die lewe te laat, heelwaarskynlik kan sy ons nou hoor, dus kan jy maar vir oulaas jou liefde betuig, vir oulaas jou hart teenoor haar oopmaak, vir oulaas dalk om […]
Teerheid
Teerheid Die mens het ‘n onbewuste teerheid,maar dis instinktief by die dier, en gewaar die hen ‘n valk wat in die lug bokant hulle sirkel kloek sy ‘n waarskuwing en die kuikentjies kruip onder haar vlerke in en die wildsbokkies waak en steek hulle lammertlies weg in obskure lêplekkies — Teerheid is by die mens […]