KAROO, GOED VIR JOU SIEL…
Heerlik skyn die son oor die Karoo-vlaktes, pragtig sing die voëltjies in die bome op die plaas. Word dit daagliks ons lewenslied, so mooi in geluid en melodie. Hoor en voel hoe word jou dag so opgetoor, kan mens ook elke dag dankbaar wees, en die skoonheid van die Karooo bekoor. Sing saam, want dis […]
Ou Koeie
Koes-koes, eina! My kop is al foosseer van jou traandrupgekef, ja, van al die ou koeie (maar min wat tref), wat jy vandag weer teen hom aangooi – en nes ek dag die sloot is nou leeg dan kom jy met nog ñ halfdosyn speenkallers oorhoeks opdreef. Maar toemaar, hoor my lied, eendag se eendag […]
Vir stukkies sonskyn liefde
Voel soos gister maar met baie jare en gebeure tussenin die son se stilte sprei oor die mǒre-dou Ek onthou nog jou lag so kinderlik onskuldig…sag my gedagtes dwaal deur die holtes van die nag Die son sal ons veilig dophou selfs wanneer wolke hom toebou maar iewers het ons langs die pad verdwaal Al’s […]
Ek WIL net gou iets oor die maan sê
gisteraand se groot maan het oor die Bolandberg geklim daar was oker, daar was vuur in die volrond van sy glim kortstondig was sy uur en ek wou dit met jou deel maar teen kwart-oor-sewe, Kaapstad was die maan bloot silwergeel © C. Shaw 19 Augustus 2016
Anyway . . . (‘n WhatsApp versie)
Ek’t maar net vandag gewonder hoe dit met jou gaan. Ek het weer laasnag so sleg geslaap, en toe maar vroegvroeg opgestaan. Die twee brakkies is al om my, hul speel heeldag op die bed. So, ek voel nooit juis alleen nie, dis als plesier en pret 😃 Dinge by die werk sukkel egter nou, […]
DIE DODELIKE SPEL DEEL TWEE
Luitenant Kas Dreyer sit met die dossier voor hom wat hy nou net van die moord toneel af saam gebring het. Die slagoffer is n onbekende, middeljarige, welgeklede man wat aan n skietwond in die nek dood is. Daar was geen teken van identifikasie waaraan die slagoffer uitgeken kon word nie. Vir Kas lyk dit […]
TWEE RY MODDERSPORE
My bakkie volg die twee ry modderspore terwyl die koud in my stagneer tot ys en laasnag se yspotloode modderplasse inkleur met glinterglas Al met die bergpad se twee ry modderspore langs gaan soek ek die winter se stoorkamer waar hy kapokgoingsakke verkoop aan die wolke met hul gehuurde siffies Ek stop en kyk die […]
TE MIN TYD
Waarheen spoel die dae met die sekondes heen as ‘n herfsblaar oor my skouer in sy spiraalkolk spoel en flenters langs my skoensool val Wat is tyd as dit soos mis met ‘n Judaskus tussen die lang gras in die dal verdwyn tot niks Roer die stokkerige lamppale doelloos in die laataand bergwind soos lewelose […]
VOETSPORE OP MY HART
Ek lê en luister terwyl die wind sy koggel laggie laat eggo tussen die asterplante op my voorstoep Ek lê en luister na jou asemhaling met jou lyf teen myne en voel hoe dit voetspore op my hart graveer Die dorp se aandklokke tril die dag se oorjas stoffies los en strooi ʼn stil grou […]
My taal onbeskaamd Afrikaans!
Ai, lappieskombers van woorde en klank ons kan mos nie anders om God te dank vir jou, Afrika-tulp wat kleurvol blom as wondergif wat uit Sý hand uit kom want God het jou soos broos liefde geplant om suiwer-eg soos ’n pronkdiamant keurig met kwinkslag en praal-idioom die lewe se gang in woord te verdroom! […]