Jongste aktiwiteit:

DIE DODELIKE SPEL DEEL TWEE

Luitenant Kas Dreyer sit met die dossier voor hom wat hy nou net van die moord toneel af saam gebring het. Die slagoffer is n onbekende, middeljarige, welgeklede man wat aan n skietwond in die nek dood is. Daar was geen teken van identifikasie waaraan die slagoffer uitgeken kon word nie.

Vir Kas lyk dit na n tipiese boewe teregstelling wat die saak dubbeld so moeilik maak. As dit wel die geval is sal die boewe wêreld swyg soos die graf. Aan die ander kant trek dit die kring van verdagtes baie klein want daar is nie veel laksmanne in die boewe wêreld nie. Hulle verhuur hulle dienste uit soos hulle benodig word en loop enige ondersoek na n boewe moord gewoonlik dood. By moord en roof het hulle al met n paar sake soos die te doen gehad maar is die sake nooit opgelos nie.

Al leidraad wat hy werklik het is die motorspore in die sand. Dit was die forensiese man, sers. Jacob Mofokeng wat opgemerk het: “Luitenant hierdie spore is deur n groot motor gemaak. Nie n bakkie nie maar iets soos n M.P.V. of n Mercedes 450 SLC of n groot BMW”.

Kas kyk vir oulaas na die fotos wat forensies geneem het, neem die dossier en stap na sy bevel voerder se kantoor toe. Hy wil graag dat kolonel Malherbe die hoof van narkotika inkry want hulle is goed bekend met die boewe wêreld en kan hulle dalk n aanduiding van die laksman gee. Kas wil ook reël vir n foto in die koerant om iemand na vore te bring wat dalk die slagoffer kan identifiseer.

Toe Kas kolonel Malherbe inlig is kolonel Malherbe dadelik op die foon. Na n paar oproepe praat hy met Kas: “Luitenant. forensies sal nou nou vir ons n mooi gemaakte foto bring wat jy vir die joernaliste kan gee. Ek het vir n pers konferensie gereël vir vier uur vanmiddag. Dit gee die joernaliste genoeg tyd om dit in more se uitgawes te kan publiseer. Kolonel Le Grange is oppad hiernatoe”.

Paar oomblikke later stap kolonel le Grange die kantoor in. Kolonel Malherbe stel hulle voor en Kas wys hom een van die fotos in die dossier wat op die toneel geneem is. Kas vertel hom ook dat dit n nekskoot was en dat dit vir hom na n teregstelling lyk.

Kolonel le Grange bestudeer die foto lank en gee dit vir Kas terug: “Luitenant ek ken nie hierdie gesig nie. Dat dit n teregstelling was is verseker. Daar is net een man wat dit op hierdie manier doen en dit is Slang maar om dit te bewys is n ander saak. Hy is maar dom en sy maat, Jakkals is die een met die brein. Ek het dossiere oor hulle en sal die fotos van die twee wat daarin is vir jou laat kry”.

Kas kyk kolonel le Grange vraend aan wat antwoord: “Slang en Jakkals verhuur hulle dienste uit Luitenant. Hulle werk vir groot geld maar jou groot uitdaging lê daarin om uit te vind wie die opdrag gegee het. Ek sal my manne opdrag gee om op die uitkyk te wees vir die twee maar na so n teregstelling verdwyn hulle gewoonlik vir n hele ruk soos spelde”.

Net toe stap die pataloog met die lykskouings verslag in en sit dit op die tafel neer: “Nekskoot met n klein kaliber pistool wat die nekwerwels vergruis het. Presies op die regte plek om die dood onmiddelik te laat intree”.

Le Grange frons: “Slang se werk ongetwyfeld luitenant. Kry hulle en jy sal gou agter die waarheid kom”.

Kolonel le Grange is nie ver verkeerd nie. Die twee kan nie vinnig genoeg in Kimberley kom om die pakkie aan Mario Andretti te oorhandig nie. Hulle weet goed wat is in die pakkie maar boewe het ook erekodes. Moordenaars smokkel nie met diamante nie en smokkelaars pleeg nie moord nie, hulle laat dit doen. Hulle wag n rukkie dat Mario kan gaan geld trek en toe Mario terug is en hulle betaal is verdwyn hulle.

Hulle is net weg toe Mario vir Sam skakel; “Die diamant is ons sn, wil jy kom kyk as ek die pakkie oopmaak”.

Nie een van die twee kan glo wat hulle sien toe hulle die pakkie oopmaak nie. Sam is die eerste een wat tot verhaal kom: “Mario van hierdie steen sal net deur die wettige kanale kan ontslae geraak word. Dit is nie die tipe diamant bir die smokkelhandel nie. Ons sal moet fyn dink en n paar maande moet wag”.

Toe die koerante die oggend by “Scrivens Inn” afgelewer word is Carol en Tanya al rasend omdat hulle niks van Jack hoor nie. Carol neem diie boonste koerant en toe sy dit oopvou voel dit vir haar of haar bene onder haar padgee. Sy kyk weer en weer maar duidelik staar Jack Scriven se foto vir haar. Asof in n dwaal begin sy die berig lees.

Die lyk van n onbekende man is gister naby n verlate mynskag nabyJohannesburg gevind. Enige persoon wat lig op die oorledene se identiteit kan werp word verosek om met die ondersoek beampte. Luitenant Kas Dreyer by tel 011…… in verbinding te tree.

Toe Tanya by haar aansluit sien sy ook die berig en kyk vir Carol. Sy gryp haar kop vas en met wydgesperde oë roep sy uit “Dit kan nie wees nie. Hierdie vervloekte honde het hom vermoor. Hulle het my kind se pa vermoor Hoeveel lewens gaan daardie diamant nog eis”.en toe bars Tanya in trane uit.

Na n paar minute bedaar hulle en neem Carol die telefoon om Kas Dreyer te skakel. Terwyl die telefoon lui sê Carol vir Tanya; Tanya, boet sal hulle boet. Dit belowe ek jou vandag”.

Daar was die oggend al n hele paar mis leidende oproepe maar toe Carol begin praat weet Kas dadelik, hierdie is die oproep wat hy voor gewag het. Nadat sy vir Kas vertel het dat dit Jack Scriven van Kimberley is is sy eerste vraag wat se motor Jack gery het. Toe sy sê Mercedes 450SLC dink hy aan sers. Mofokeng se woorde by die toneel.

Carol kan ook vir Kas die registrasienommer gee. Kas reël met haar om Johannesburg toe te kom om Jack uit te ken en reël daarna dat daar uitgekyk moet word vir die Mercedes.

Kas het net met haar klaar gepraat toe sy foon weer lui. Toe hy antwoord en sê wie hy is kom dit: “Luitenant ek is majoor Grovè, bevelvoerder van die diamanttak in Kimberley. Die man op die foto is een van die drie groot smokkelaars hier by ons, Jack Scriven”.

Grovè vertel Kas die volle verhaal van hulle soektog na Jan Plaatjies en van die vermoede van die uitsonderlike diamant wat nou sy tweede slagoffer ge eis het. Voor hy groet nooi hy Kas uit: “Kom Kimberley toe luitenant. Jy sal eerder die saak hier opgelos kry. Dalk kry ons die diamant ook in hierdie proses in die hande voordat hy nog slagoffers eis want dit is n bloed diamant daardie.”.

Carol en Tanya kom die middag laat in Johannesburg aan. Hulle het die restaurant gesluit vir die dag.
Kas neem hulle lykhuis toe om die liggaam te gaan uitken. Nie een van die twee meisies sê n woord toe die opsigter die trollie instoot nie. Hulle kyk vir Kas en Kas knik sy kop. Die opsigter trek die laken effens af en dan slaan die aaklige werklikheid vir Carol en Tanya. Hulle knik net met hulle koppe en toe die opsigter weer die laken oortrek om die liggaam weg te stoot bars hulle in trane uit. Na n frukkie bedaar hulle en is hulle gereed om saam met Kas te gaan.

Toe hulle in Kas se kantoor gaan sit slaan Carol Kas se voete onder hom uit: “Luitenant jy hoef nie ver te soek vir die organiseerder van hierdie moord nie. Hulle sit albei in Kimberley, Mario Andretti en Sam Bloomberg”.

Kas kyk haar verbaas aan en sy begin die volle verhaal vertel. Sy vertel van die diamant en dat sy redelik seker is dat hulle gereël het dat Jack voorgelê word en die diamant nou in hulle besit is want Jack het die diamant saam met n klompie ander by hom gehad.

Nadat Carol die verklaring afgelê het laat Kas dit onderteken en met die belofte dat hy haar op Kimberley sien vertrek hulle.

Kas is die oggend vroeg op Kimberley. Sy eerste stop is by “Scrivens Inn” waar Carol en Tanya hom ontvang. Hy eet ontbyt op hulle aandrang by hulle en net daarna vertrek hy met Tanya se woorde in sy ore; “Kry hulle luitenant. Hulle het my ongebore kind se pa vermoor”

Hy gaan soek dadelik vir majoor Grovè op wat hom weer die volle verhaal van die diamant en ook die drie grotes vertel. Kas op sy beurt vertel weer dat dar vemoed word wie die werklike moordenaars is, nou moet die skakels net gevind word om alles in plek te laat val.

“Ek gaan adj. Ben Barnard saam met jou stuur luitenant. Hy ken daardie hool van Mario. Hy kan jou ook na Sam Bloomberg toe vat en ek is seker jy sal weet wie die opdraggewer vir die moord op Jack Scriven was as jy met hierdie twee menere klaar is. Dit help al baie dat jy vermoed wie die sneller trekker was. Jy moet eintlik net die spul aan mekaar sit en die bewyse kry” , is sy afskeidswoorde aan Kas.

Die besoek aan Sam Bloomberg lewer niks op nie. Hy ontken dat hy enige iets van die moord op Jack Scriven weet of enigiets van n seldsame diamant weet. Hulle is egter skaaers uit of Sam bel vir Mario: “Hulle verdink ons dat ons die moord op Scriven gereël het. Luitenant Dreyer van Johannesburg was nou hier en vra ongemaklike vrae”.

By Mario Andretti se nagklub gaan dit nie beter nie. Hy ontken net eenvoudig allles maar nooi hulle uit om die aand in sy klub as sy gaste te kuier. Eers wil Kas nie maar besluit om van die aanbod gebruik te maak, dalk kan hy iets by een van die geselskap meisies in die klub optel.

Hy en Ben sit skaars of twee meisies kom sit langs hulle. Die een wat langs Kas kom sit is n lang goedgeboude swartkop met n laehals bloesie en n baie kort mini rompie. Sy stel haarself voor: “Hallo ek is Gisela. Eerste keer wat ek jou hier sien”.

Kas kyk vir haar en antwoord: “Ek is Kas Dreyer van Johannesburg en ondersoek n moord. Het jy al een van die twee hier rond gesien”, vra Kas en haal die twee fotos van Slang en Jakkals uit sy sak uit wat hy so hou dat sy dit kan sien.

Gisela erken hulle dadelik en trek haar asem in maar dan ontken sy dat sy iets van hulle weet. Kas besef egter dadelik dat sy hulle erken maar dit nie wil erken nie, seker bang vir Mario.
Net voor hy loop gee hy haar n kaartjie met sy nommer op wat sy dadelik tussen haar borste bêre: “Bel my asseblief dadelik as iets jou byval Gisela. Dit is baie belangrik. Dit is n misdaad om inligting doelbewus te weerhou.”.

Nadat hulle weg is maak Mario Andretti n groot fout. Hy het die twee speurders die hele tyd op die geslote kring televisie dopgehou en gesien hoe Kas vir Gisela die fotos wys.

Hy roep vir Gisela in sy kantoor in en wil weet wat sy die speurder vertel het. Gisela ontken dat sy enige iets gesê het en begin Mario haar aanrand. Bebloed vlug sy by die deurwag in die donker strate in. Sy slaag daarin om die polisiestasie te bereik en moet hulle Kas na die stasie toe ontbied.

Toe Kas haar sien is hy geskok oor haar toestand. Hy bel vir Carol om ook polisiestaie toe te kom en Gisela onder haar versorging te neem.

Die oggend vroeg is Kas by Carol se huis. Gisela wag hom in en oor n koppie koffie begin sy vertel: “ Luitenant niemand verniel my so en kom weg daarmee nie. Dit is Mario wat my so geslaan het gisteraand

Die twee op die fotos kom sedert sowat drie maande gelede gereeld by Mario. Hulle was eergister weer daar maar is baie haastig daar weg nadat hulle vir Mario gewag het”.

Kas is in sy noppies en los vir Gisela by Carol nadat sy n volledige verklaring afgelê het. Hy vra vir Carol ook om Gisela stasie toe te neem om n saak van aanranding teen Mario te maak.

Inderhaas kry hy n lasbrief om Mario se plek te deursoek en sak Kas en die manne op Mario Andretti se nagklub toe in die laat middag. Hulle lê beslag op die bande van die geslote kring kamera maar kry geen spoor van die diamant nie. Intussen tier Andretti soos n gewonde leeu maar dit help hom niks nie Die manne steur hulle nie aan hom nie.

Dan maak sersant Andy Nkosi die ontdekking. Dit was al vir hom of die een skildery teen Mario se kantoormuur nie reg hang nie en is dit toe hy dit wil regskuif dat hy die netjiese vierkant in die pleisterwerk sien. Verbaas haal hy die skildery af en daar is dit. Hy druk liggies daarteen en toe die stukkie muur wegswaai ontdek hy die versteekte kluis. Nkosi ken van kluise oopmaak en toe Mario weier om die kode te gee gaan staan hy met sy oor teen die kluis. Dit neem hom vyf minute om met die geduldige heen en weer draai van die knop die kluis oop te kry en swaai die kluisdeur oop.

Toe majoor Grovè vorentoe tree om die sakkie daarin uit te haal besef Mario dat sy nommer op is en storm vir sy lessenaar. Hy is egter te laat en stamp Nkosi die lessenaarlaai toe met sy been toe Mario se hand in die laai is. Mario skree soos n maar vark maar toe hy sy hand uithaal is sers. Nkosi reg met sy boeie. Stadig keer majoor Grovè die sakkie op die lessenaar om. Dit is asof n doodse stilte in die vertrek toesak, so iets het nie een van hulle nog ooit gesien nie.

Majoor Grovè verbreek die stilte: “Ek het jou Andretti. Ek arresteer jou vir die onwettige besit van diamante. Jy het die reg om te swyg en ek moet jou waarsku dat alles wat jy mag sê as getuienis teen jou gebruik kan word. Jy het die reg op regsverteenwoordiging. My vriend jy sal n bitter goeie prokureur moet kry want hiervoor gaan jy lank gebêre word en dan staar jy nog n medepligtige in moord aanklag ook nog in die gesig. Jy gaan nie gou weer op vrye voet wees nie”.

Toe die verbaasde kroegmeisie hulle aankyk toe hulle uitbeweeg steek adj. Barnard vas: “Ou Sussie as ek jy is maak ek hierdie hool toe. Die baas sal nie gou weer terug wees nie indien ooit weer terug”.

Die aand breek Mario Andretti toe hulle na die bande kyk en Jakkals en Slang uitgewys word as sy besoekers. Hy erken alles en arresteer Kas hom op aanklag van sameswering tot moord op Jack Scriven Hy verklaar ook dat hy en Sam Bloomberg saam die moord gereël het en is dit Kas se voorreg om Sam Bloomberg bietjie later die aand by sy huis te arresteer op n aanklag van sameswering tot moord.

Dit is al laat die aand toe Kas by “Scrivens Inn” stop en Carol en Tanya vertel van die gebeure. Toe Kas wil loop word hy eers uitgenooi vir ete. Tydens die ete hou Tanya hom geselskap. Toe Kas haar vra of sy tevrede is antwoord sy: “Sover ja luitenant. Ek sal tevrede wees as die twee werklike moordenaars ook aangekeer is”.

Intussen hou Jakkals en Slang vakansie in Durban. Die grootste fout wat hulle maak is om met die Mercedes Durban toe te gaan. Die straatmeisies was die aand vrygewig en die drank en die note rol. Dit is nadat hulle bietjie deurmekaar geraak het met die verkeer dat die blitspatrollie hulle van die pad afdruk en hulle vir dronkbestuur arresteer. Dit is toe die patrolliemanne die voertuig op die rekenaar nagaan wat hulle ontdek dat die voertuig as gesteel aangemeld is

Die bevelvoerder in die aanklagkantoor, luitenant Achmed Naidoo erken hulle onmiddelik van die fotos wat ontvang is. Toe die patrolliemanne n dossier wil open vir dronkbestuur en besit van n gesteelde voertuig laat hulle.Luitenant Naidoo glimlag: “Vergeet daardie een van dronkbestuur. Sluit hulle net toe Ek dink my ou vriend Kas Greyling sal daarvan hou om hulle persoonlik te kom arresteer vir moord op Jack Scriven”.

Na n paar vinnige oproepe word die twee die dag onder gewapende begeleiding Kimberly toe gebring

Met hulle aankoms word hulle dadelik ge arresteer en opgesluit en toe Kas by “Scrivens Inn” kom is hy doodmoeg. Hulle behandel hom soos n konings in hulle private onthaalhokkie. Daar oorval die slaap hom en is hy onbewus dat Tanya n soen op sy voorkop plant en terustaan: “Dankie Luitenant. Nou is ek tevrede”.

By sy aankoms in Johannesburg wag kolonel Malherbe vir hom” Baie geluk bloedhond. Hulle moes Scriven op n ander plek loop vermoor het waar hulle nie in bloedhond sou vasloop nie. terloops kaptein sommer baie geluk met jou bevordering ook. Jy verdien dit”.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed