Stof alleen
Stukkies van ons oorsprong Hang dik in die lug Terwyl ons onsself probeer flous met maskers Soos ons in stukke van onsself verstik Asem ons mekaar in… Veels te gemaklik, as jy my vra Ons hang ons op in doringbome Glimlag asof dit normaal is Reëndans in stof, drooggelukkig Snye van liefde met ‘n nasmaak […]
Gister is verby …
As ek my tyd sou kon terugdraai, sal dit na gister wees. Na die dag toe ek jou permanent myne maak, tot die dood ons skei! Hoekom sal ek wil wees, vry? As ek myself dan net heeltyd kan verkyk, na die mooi in jou oë, en hoe kry jy die dan reg om na […]
………Dans My………
Liefde, die woord wat ons almal ken, die emosie wat ons almal voel. Het met my gedans om jou hart te wen, so dans my die verlange weg, want elke liewe kilometer tussen ons, is ‘n lyntjie in my hart geskeer, maar liefde het ons na mekaar toe gedans, ons altwee weet ons is vir […]
…..Fantasie van weer kind wees…..
Rondomtalie draai, ek is tien jaar oud en dit bring vir my die grootste vreugde. Hardloop ek weer tot by die swaai, voor ek my weer kan kry swaai ek tot by my jeug, voel ek altyd soos die een wat altyd uit is, die een wat nie in pas nie, word ek weer van […]
….My Hart Verlang Na Jou….
Jou pragtige glimlag het soos mis onder die son verdwyn, en my hart is so seer soos ‘n beer se poot. Ek wens dit was anders, ek sal alles verander om by jou te wees, ons weer mekaar se gedagtes kan lees. Maar waar jy nou is, is saam met hom, weet jy nie wat […]
SEER VAN VERLANGE…
Verlang ek weer na jou – word dit die storie van my lewe. Die mense wat seergemaak is – wonder ek hoeveel het my vergewe. Het ek dit bedoel, as ek net met die wêreld wou deel hoe ek oor jou voel? Sien ek weer jou mooi glimlag voor my oë, ja in my gedagtes […]
ONTREDDERD
ONTREDDERD Ek sien jou staan: Ontredderd, naak. Jy laat my sien die felheid van jou pyn. Versigtig raak ek aan die wond. Jy krimp ineen – en ek onttrek my weer. Maar jy kom terug. Ja, weer en weer behandel ons die wond. Genesing bly net uit – die pyn vergroot. Die mes sny diep; […]
LAAT MY WEGKYK
LAAT MY WEGKYK Laat my wegkyk van my pyn – o laat my dié van ander sien. En laat my nie meer vra getroos te word – laat mý vertrooster wees. Ja, laat my nie meer vra na een met warm hart – laat mý warmhartig wees. O laat my nie meer vra na een […]
TRANE
TRANE U hou my trane in u kruik u vrede is die kruik die trane die kan nie na buite breek
WIE PA?
Wie gaan ons nou teer kom nagsoen noudat ons ma weg is pa wie gaan soggens vir ons ‘n papbord reg hê om ons magies vol te maak wie gaan nou met ‘n grootmensfrons by ons kamerdeur kom staan en wie sal nou kom instaan pa miskien ‘n tweede ma…?