Spikkels van goud
Bly nog ‘n rukkie vra jy so mooi vir my nee mammie ek moet ry dit word donker daar buite Dit is jou verjaarsdag vandag en ek kyk terug op die veld van goud maar jou spore lê dof in die lang gras Jou beste jare die mooiste tye opgekrul in ‘n windpomp se wiel […]
Eindelose Swerftog
Eindelose Swerftog. Daar is ongeduld en ‘n koorsagtige onrus want die wind waai vanaand weer so opstandig en sterk deur die bome soos eeue se opgehoopte alleengelate asems wat opstandig en force opruk en takke en vensters ruk en pluk en asmaties rebels deur noue kosyne en vensterrame blaas en onverrigtersake snuiwend onvergenoegd voortgaan om […]
‘n Duisend seemyl
“Soms stap en stap en stap ‘n mens… ‘n duisend seemyl…na niks” Ek stap ‘n duisend seemyl. Na waar herin’rings roep. Weëmoed fluister sagkuns. Gedagtes teer en soet. Ek vlieg soos blits deur strate. Vergeet, verwoes, verlang. Verbete teen die skadu’s. Die aandwind maak my bang. Ek vaar deur goud van gister. Na Kammaland se […]
Somerson
Blink in die lug. Vasegevang in ‘n draaikolk. Leef in die melkweg.
Droogte
Droogte Wanneer die nuutgebore oggend arriveer tint dit verweg vlakte einders en hoë bergpieke en omvou dit met ‘n rosige kleed want die nag het sy swart mantel geleidelik opgerol wyl die daglumier se herout met hanekraai die natuur oproep tot ‘n hoopvolle aubade wekroep elkeen se lied en wysie na eie aard en spesie […]
Ode Vir ‘n Ander Lewe
Ode Vir ‘n Ander Lewe 2016 snel ten einde en ek wil dit nie weer oorhê nie want ek wil nie weer by vriende se siekbeddens staan nie of by die oop graf of verassingsdiens nie Ek wil nie weer hoor of lees van al die wrede moorde, stakings, korrupsie, oorloë , hongersnood, droogtes en […]
Een vroegaand in Desember
vyf flaminke oor die swart rivier hoe blink blink die blinkwit maan hoog bo die vuil van vaal fabrieke en die grys van die teer wat daarnaas baan sewe ganse teen die silver lug reeds lê die son in die see ver onder meeue op hul skemer vlug en ‘n brug wat sement oor die […]
Goue stervisse
Ons leef terwyl ons kan. Ons lag terwyl ons kan. Ons gee liefde terwyl ons kan. Hoe lank ons sal kan, weet nie een van ons nie. Daar is net tyd totdat daar geen tyd meer oor is nie. En dan kan ons niks meer of weer doen nie. Ek verstaan niks van al die […]