Wie sal genade wys
Wie sal genade wys as houtskool op kartonne tevergeefs smeek teen honger en seer wie sal genade wys as gebroke handjies vra vir weinig meer as n brood wie sal genade wys vir man, vrou selfs n kind hul ashoop-lewe waar hul snags hul here begrawe waar duiwe skuil wie sal genade wys as die […]
Die wind se roepstem
Die wind se roepstem lok die loop op môre se voete wat skeefom hoop met heesgeluid die koggelkraai van die maanskerf wat hang wie wil dan wie wil dan wie wil dan nog n dowwe sterretjie vang handpalms ontbloot na die hemelhek gesprei as my snakkend’ psalms my sterretjie bevry
Woer-woer
woer-woer vanaand wandel die wind deur my oop venster speel vir oulaas woer-woer oor my bed lig die lakens speel-speels op met sy laaste asem sing die wind ‘n laaste groet voor hy pad vat na wie-weet-waar en ek? ek bly lê in sy lui asem smag ook om na onbekende plekke te waai om […]
Winterkind
Winterkind Gebore op ‘n koue Augustus winterdag het die sonnetjie my flouerig van agter die rantjie verwelkom en die westewindjie het koud en skraal oor die werf gewaai met hier en daar ‘n stofwarreltjie en dwarrelwindjie en in die kraal staan herkouende diere styf teenaan mekaar vir liggaamshitte hul warm asems het wit walms opgestyg […]
Nimmer Nimmer Land
In die skemer ineen geweef sluipend, geluidloos vӗrweg uit die oog Sny koud en skraal ysig kil- genadeloos ‘n dwarrelwind deur stof en sand Hoop en drome van gister opgedroog uitgerafel, afgeskryf weggewaai tot vӗr in Nimmer-Nimmer Land
So is dit bepaal
In die skadu van ‘n boom staan ‘n man en staar na die hond wat al tjankende, woedend, na sy stert hap terwyl kinders hom skaterend koggel en ‘n riel dans. ‘n Oordonderende geraas van toeters en motorkarre wat heen en weer jaag bring vreemde musiek wat weergalm, en menige se humeure laat ontwaak. Deur […]
Vergifnis
Vergifnis ( Gandhi—The weak can never forgive, forgiveness is the attribute of the strong) Daar is geen volkome vergifnis op aarde te vinde nie want die gif in die middelste lettergreep bly steeds vassteek in jou gekweste gemoed en geheue daarom lui die ou gesegde ek vergewe maar vergeet nooit want niks kan die gif […]
Nouveau Riche [Pasryk]
Nouveau Riche [Pasryke] My dae van armoede en pootuit swoeg en sweet bultuit met die baie sukkel se swaar pedaaltrap en heuwelaf free wheel om asem te skep is lankal verby nou sweef ek veerlig die heuwel uit met my wa-benz en kubaanse sigaar in die mondhoek gemaklik agteroor wyl sonbesies in versengende hitte sing […]
DIE SON SE GLIMLAG IN MY Oë
Ek kruip vanoggend deur die strikke van die nag tot by die oggend beker se oorloop en groet die nuwe dag met die son se glimlag in my oë Ek ruik aan die winter blomme se soet nektar saam met die goggas in die oggend ryp en laat my wakker word se tweestuk slaappak wegdros […]
DIE RONDLOPER
Hy begin daar in die verste hoekie die wind sleep moeisaam soos ‘n gevangene sy kettingbal op die sypaadjie na my toe af. Hy soek skoor by elke parkeermeter kielie elke motor dat sy bakwerk waggel-waggel skater van die lag en sleep dan moeisaam al met die sypaadjie langs na my toe af. Skielik pluk […]