Dis lekker in Suid Afrika
Almal wil ‘n huisie by die see hê, maar niemand het geld om een te koop. Dit maak nie saak wat ons vir die baas sê, hy wil ons nie eers ‘n kleine verhoging gee, ons kan nie eers ‘n kar bekostig nie, nou moet ons maar elke aand huis toe loop. Al die mans […]
Dans My
Liefde, die woord wat ons almal ken, die emosie wat ons almal voel. Het met my gedans om jou hart te wen, so dans my die verlange weg, want elke liewe kilometer tussen ons, is ‘n lyntjie in my hart geskeer, maar liefde het ons na mekaar toe gedans, ons altwee weet ons is vir […]
Nuwe dag, nuwe lewe, splinternuwe geskenk!
Die nuwe dag is vir jou gegee as geskenk, dat jy elke uitdaging sal oorrompel, en sal wen. Wees dankbaar vir jou nuwe asem, wees dankbaar dat jy gesond kon wakker word, en dat jy kon eet, jy is nie rasend honger nie, jy’t niks te kort. So lééf vandag asof dit jou laaste is, […]
Iewers
Iewers Die ou wêreld is deurmekaar soos ‘n omgeklitste roereier en byna oral in lande kook ‘n heksepot oor daarom wil ek weg na Iewers ‘n ongekarteerde stil ou plekkie, ‘n vredesoase, net ek en die muse so is afgespreek en die ontmoeting is op die naaste horison, maar sy ontwyk my al verder en […]
tamar
groen hare blou lippe swart soene betower my soos die dooies wy kind van die kaas maan kopervuur hare strooi-kaneel pienk swaan roombruin vel gesig tande laggend donker saffier skitter-skyn gelaat smarag lemmetjie neon koel saffier elektries-lemoen helder skadus sterre lewend groen vinkel-vonkel purper-rooi rok en swart borduur laggend goud jakaranda bruid vreugdes troue blydskap […]
Kleurvolle Josefskleed
Ek is een van die Evasvolk wat bidblind broos deur emosies kolk soos wanneer die son wil kartelbreek ook horison dan tuimel ongebruikte alfabetletters in bont stiltes oor die oewers van my praat Hier hang ek verskeurde lanferlappe van anglisismes; met engels bevlek aan die winkelhak van Afrikaanse genade koop so ‘n nuwe vrede Vreugdevol […]
Daniël
Wat maak ek hier? Gevange geneem, geneem na afgodsland. Wie is ek, Daniël? Sonder gebrek, aantreklik en slim, ‘n koningskind van Jerusalem. Hoekom word ek opgelei in afgodsland? Net die beste kos en wyn! Wat sal ek kies? Sal ek my land en God verloën? Tien dae te wys dat God bestaan. Water en groente […]
Geliefde Seun
Op ‘n hoë berg was U alleen Met hulle drie. Elia en Moses was ook daar. U klere helder, skitterblink, Laat die dissipels skrik. Hul uiter woord van selfbelang. ‘n Wolk oordek U heerlikheid. ‘n Stem roep uit die hemel: Dit is my geliefde Seun! Hom het ek lief. Doen wat Hy sê. In skoon […]
Nimmereindigend
Die horlosie stap aan. Tik-tak. Ons weet ons het nog net ‘n paar kosbare dae saam voordat ons finaal moet afskeid neem. Tog kyk ek skaam weg wanneer ons oë te lank ontmoet. Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit met jou nie. Ek praat […]