Jongste aktiwiteit:

Nimmereindigend

Die horlosie stap aan. Tik-tak. Ons weet ons het nog net ‘n paar kosbare dae saam voordat ons finaal moet afskeid neem. Tog kyk ek skaam weg wanneer ons oë te lank ontmoet.

Ek het soveel drome vir ‘n toekoms vir ons twee saam. Tik-tak. Tog deel ek hulle nooit met jou nie. Ek praat eerder oor gemeenplase, die nuutste Afrikaanse kunstenaars en ander se drome. En verheug my daarin dat ons so maklik saam praat en lag; dat ons so baie in gemeen het, veral liefde vir ons taal.

Saam loop ons deur die plek wat ons nie weer gou gaan sien nie en deel ou staaltjies. Tik-tak. Maar ons praat nooit oor óns nie. Ek raak paniekerig: hoe kan ek praat oor sake van die hart wanneer ons albei daarvan wegskram?

Dit word ‘n lang afskeid soos die laaste dag se ure afgetel word. Tik-tak. Hartseer hou ons mekaar styf vas en sê totsiens. Ander woorde ontbreek my; veral omdat dit eerder voel soos vaarwel. Die toekoms is gesluier in onsekerheid…

Dis meer as ‘n dekade later. Die saal is vol; almal luister hoe jy met Afrikaans toor. Daar’s nie ‘n droë oog in die gehoor soos jy jou laaste gedig voordra nie. Ek het ongenooid opgedaag, met die hoop dat jy sal weet dat vir my óns nooit verby was nie. Tik-tak. Jou uitdrukking sê dat tenspyte van die tyd wat verby gegaan het, het jy my ook nooit vergeet nie.




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed