Besope
uit wingerdstok getap die sap van sy ondergang vloei soos fluveel deur sy are tot kop en hart bedaar vloei soos lawa oor die aarde waar die mense van sy hart vlug vir veiligheid vir hulself vir hom uit die ryp ronde vrug sy wysheid en insig oorvloed sy rede, sy integriteit versuip hy als […]
Liewe Dagboek
Liewe Dagboek, Dis al weer net ek, Zoey. Ek het nooit besef hoe baie taal beteken nie. Nie net die taal waarin jy gebore is nie, maar ook die taal van die mense om jou. Rosina het my bewus gemaak van die belangrikheid van taal. Haar begrafnis gister het dit ook baie mooi uitgebeeld. Rosina […]
DIE LAASTE AFSKEID
Noudat krulgras die baas is en veldmuise ‘n sprokies paradys besit nou staar leë vensterrame soos witgeverfde oë op my neer en lê stukke skoorsteen onterfde skakels op die rooi verbleikte voorstoep terwyl my hart verstop met hartstog na die dae op die plaas Die reën en wind het lank gelede die trots geverfde plaasnaam […]
DIE NAG SE ROWERS
Onkundig laat die nag se rowers ‘n gesteelde eier in die oggendure val en gun die son ‘n kans om sy kleurpallet op die dag se stoep te plas. Die nag se rowers grom en stoei en probeer met hul donker nagtonge die geel van dag te lek tot nag Die dag lek geel deur […]
BAKHAND
Bakhand staan ek voor die oggendson se deur en wag dat die nagwag die grendel ooptrek en my ʼn bakhand vol oggend sonstrale leen Met spons voete loop ek pad-af ʼn bakhand vol geleende sonstrale om jou oopmaak ogies met goud te plas Bakhand geleende sonstrale lek en plof en lei die dag tot by […]
Honderd vier en veertig maande.
In haar binneste bewe alles. Kefira se hart klop in haar keel. Sy besef dis nou of nooit. So kan sy nie voortleef nie. Dis bowendien nie leef nie, dis net bestaan. Sy kon netsowel dood gewees het. Die wet is wet. Sy het geen kontak met haar familie nie. Haar dogter wat nou al […]
ALLES OP PAPIER 1
Gly die penveer uit die inkpot spat digtersbloed woorde op ‘n stukkie wit papier uit toegevou in menswees en al wat oorbly is vir jou om dit te lees Tog, alles op papier is mooi en ordelik nie soos die kettingreaksie ontploffings in my hart wat geen orde skep op papier van vlees in die […]
Maria
Vader, met U liefdestaal het U u saad geplant. In maagdelike Vrugbaar liefdes land Daar het U Seun gegroei. Sy tydige geboorte ‘n geskenk Aan mensekind. U plant u liefdesaad hierin my hart. U liefdeswoorde groei in vrugbaar land. U liefdesdade is genade Wat geboorte skenk Aan liefdesdade ook in my klein hart.
Gooi die nette uit
U weet, U sê: Gooi nou die nette uit! U het die vangs bepaal. Daar’s geen beperkings – Baie meer as wat ons bid of dink. Meer as genoeg om uit te deel. U bring wat U bestem. Op U woord sal ek wag. Op U sal ek bly hoop Vir stampvol ,oorloop volle net. […]
Weg is die nag
Soos die geklingel van teelepels kwetter voëls die dagbreek nader. Die hemelruim se vaalgrys dooie vel word ligpienk as die dag sy lewe kry. Silhouette afgeëts teen die grou lig kry stadig vorm as die ligpienk verkleur na oranje-rooi. Die nuwe dag neem sy gestalte aan en vir sekondes loer die halfskreef son agterdogtig na […]