Lewe is kosbaar
Lewe is kosbaar Die lewe is kosbaar op enige ouderdom maar niks en niemand is ooit veilig almal is onrustig of vlug vir iets – – – Die bokkie in die veld wei onrustig en kyk kort kort op en bespied die wêreld vir jakkals of leeu in die langgras maar is magteloos teen die […]
Klosse goud
Staar ek oor die water staar ek na die horison en droom droom oor jou In die splinters van blou en die glans van goud jy is anderkant die blou berge jy is verby die horison se see Ek hoor die wolke reis weg tussen my luister ek wens ek kon verstaan hoe die sterre […]
Pure genade
Geen mooi woorde gaan nie die genade van die reën op die sinkdak die blitse en donderweer die vloei van die rivier perfek en reg beskryf nie: – dis pure genade. ©Roeline 27 Januarie 2017 9:18
Tante Johanna
‘n Sekere tante genaamd Johanna; Sy eet baie graag haar suur sultana, Maar sy sien toe ‘n mier En sy val teen die muur; Nou sit sy met mondvol gebreekte tanna! ©Roeline 5 Februarie 2017 8:00
Die T-SJÛÛTMAN se DOGTER
Die T-Sjûûtman se Dogter Ek wou iets by die t-sjûût-drukker hê, en in die wagtyd het ons oor ons Afrika-ondervindings gesels: Hy’t vertel dat sy dogter en haar man met ‘n ander paar in Suid-Afrika op vakansie was. Die laaste aand wou die twee vroue saam girl’s night out sonder die mans vier. Die twee […]
SAND
Korreltjie, krieseltjie le hulle styf teen mekaar swel uit tot woestyn. ©HMellet (Digvorm: Haiku)
DIE LOMP SPREEU
In my siel se tuin skarrel ’n lomp spreeu wag hy vir vrugte om te verskyn wag ek om op hom te skreeu skarrel ’n lomp spreeu om van my tong weg te kom wag ek om op hom te skreeu voel ek magteloos en dom om van my tong weg te kom wag hy […]
VERDRINK
Wilde waters vou my toe sleep my heen met ruwe krag massas druppels pak om my saam druis in my ore, stoot my met die stroom sleep my heen met ruwe krag terwyl ek spartel vir asem druis in my ore, stoot my met die stroom terwyl my voete rondtrap vir vastigheid terwyl ek spartel […]
VOETE
Voete mensvleis trappers vervoer liggaam oral trap spore in ander siele draers ©HMellet (Digvorm: ‘n Cinquian of “Elfie”)