Jongste aktiwiteit:

DIE LOMP SPREEU

In my siel se tuin
skarrel ’n lomp spreeu
wag hy vir vrugte om te verskyn
wag ek om op hom te skreeu

skarrel ’n lomp spreeu
om van my tong weg te kom
wag ek om op hom te skreeu
voel ek magteloos en dom

om van my tong weg te kom
wag hy vir vrugte om te verskyn
voel ek magteloos en dom
in my siel se tuin

©HMellet
(Digvorm: Pantoen)




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed