Hoe kry Mens ‘n nuwe Vriend?
Hoe kry Mens ‘n nuwe Vriend? Ek? Ek klim in my motor en maak ’n ongeluk. Ek ry byvoorbeeld Sondagnamiddag uit die stad uit, kies ’n rustige restourant in die koelte van die bloekombome op ‘n dorpie om ’n ietsie te eet en ’n biertjie te drink, miskien in die koerant te loer. Ek maak […]
Teen skemer
Teen skemer Ek het ‘n rooikeelfisant op ‘n miershoop sien sit, met ‘n sagte roep het jy nesgeskop, in die stil rivier van my bloed. Hoe jy in my are rinkink my hartklop die melkweg inslinger, die wind in jou oë verdrink in pupille van tyd. Die kabouter op die maan het klimtol gespeel met […]
AFWAGTEND
Sy asem diep in die vol buik bult vêr vooruit die kind woel in haar. ©HMellet Digvorm: Senryu
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 2
HOOFSTUK 2 Dit is net toe hy lekker wegraak wat Maureen hom kom wakker maak om op te staan. Eers gaan bad hy en trek dan aan om saam met sy gesin te eet voordat hy aan diens moet gaan. Die Meiring huishouding is al gewoond daaraan om soms op die onmoontlikse tye te eet […]
JY BREEK DIE DROOGDE
In ’n wêreld vol woestyne, is jy my grootste oase my lafenis in lewensdroogtes vir my is jy meer as net ’n fase jy, koning van die land van melk en heuning ©HMellet
LIEF
Ek het jou lief vlinders in die maag, omkrul tone lief lipaflek lus, erotise pulpitasies lief hartstilstand, vonkel in die oë lief vlinders in die maag, omkrul tone lief verslaaf aan jou teenwoordigheid hartstilstand vonkel in die oë lief van hier, tot by die maan en terug verslaaf aan jou teenwoordigheid lipaflek lus, erotise pulpitasies […]
TWEEDEHANDSE HART
’n Tweedehandse hart gee ek vir jou hy is sterker as sterk, slimmer as slim klop fris vars van groot berge se uitklim seblief, moenie vrees nie, die tyd is nou… ’n hart om te gee, jy’s die een vir my dis ’n goeie hart, jy kan hom maar kry ©HMellet
So stil stil
So stil stil Dit bly onverklaarbaar hoe die liefde so saggies en ongesiens van iewers vandaan kom sonder om dit ooit sigbaar aan te meld en geduldig op die agtergrond bly om sonder opdringerigheid so incognito sy aura begin sprei in klein dingetjies en geleidelik onbewus merk jy die sagte kyk in die oë en […]
Aandag Admin
Kan iemand asseblief Februarie se liefdesprojek byvoeg by die plasings kriteria?