daardie plekkie
daardie plekkie I won’t give up on us, even if the skies get rough – Jason Mraz al smeer asyn deur die kraak van my lip en spiese deurboor die buiging van my sy, sal ek steeds ooparm oor jou buig… al word hande in skuld gepunt en ek teen rame vasgeklem, sal my voete […]
DOOD
Lewe na die dood ’n vooruitsig op siele in nood vir meeste is dit stof tot stof, vir ander ’n bangmaak woord. ©HMellet
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 3
HOOFSTUK 3 Tiny se oë gly vir oulaas oor die blink kopermeters, stoomdruknaald staan op 210 kpa, vakuummeters op 17 dm. Tiny stoot die omsteller vorentoe, trek die regulateur halfpad oop en sissend en blasend kom trein 435 in beweging met stoom wat sissend uit 3205 se silinderkrane uitblaas. Soos die trein begin momentum optel […]
Ek sal jou liefhê tot…
die Krokodilpoortberge se fondasie eendag onvas begin wankel… en tot spoelklip vergruis dit dan vér vér daaronder maelend deur Godspoorte met witwaters wegdruis. Tot die see se koue branders n laaste keer speel-speel wegtrek van Jacoebsbaai se strand en als skelmpies daar kom steel. Tot die Namibskoperduine eendag hul vuur verloor en asvaal in n […]
My boekanier
op die wieke van ‘n boekanierskip is my liefde deur jou gekaap daagliks hang flenter emosies aan die mas vleg lint en brokaat ragfyn deur my gedagtelyn wapper jou ruwe seerower dors op elke asemteug wat klop-klop in die holte van my bors op soet klanke van ‘n vroetelwind wat dwelm en bottelnek trek en […]
Iewers
Iewers Die ou wêreld is deurmekaar soos ‘n omgeklitste roereier oral kook ‘n heksepot giftig oor daarom wil ek weg na Iewers, ‘n ongekarteerde ou stil plekkie net ek en my muse is afgespreek, ontmoeting is op die naaste horison, maar sy het my ontwyk al verder tot daar in die verweg mirages dus keer […]
DIE WINDPOMP LANGS DIE DAM
Langs die dam sing ’n pomp die lied van wind, bly ©HMellet Digvorm: Lantern
My Pasmaat
Ek het vir jou pienk malvas op my voorstoep geplant aan jou liefde bely in die mooiste neurie-klank ek sal weet wanneer dit jý is die een wat hier by my moet bly ons sal tydloos raak ek en jy en al is jy vir my nog naamloos is jy oral binne my om my […]
DIE PRESIDENT
Raai raai; wie kan dit wees? Die Gupta’s is sy grootste vrees. Hy reken hy is ’n goeie president, maar mors sy land se elke sent. Met ’n lekker warm stort wil hy vigs genees. ©HMellet
Nooit Weer
Nooit Weer Die stormseegolwe in jou gemoed is uitgewoed en het bedaar en die hart se onstuimige donderslae is herstel tot sy kalm ritmiese klop, want jy het vrede gemaak dat die verhouding verby is en merk ‘n wit vredesduif uitgelaat sweef verby in die blou pupillehemel en kondig die einde van jou droewige hartseer […]