RESENSIE: In SOMER woon hy ONDER, die film
Resensie: In SOMER woon hy Onder ‘n Duitse bankiersfamilie het ‘n vakansiehuis naby die see in Suid-Frankreich. Hemel op aarde, sou mens sê. Ouboet, wat na Pa se dood in sy voetstappe loop, verbring reëlmatig twee weke van sy jaarlikse verlof hier. Kleinboet tel as dropout en woon oor die jaar hier, buiten die twee […]
Vreugde
Vreugde O, die sorgelose vreugdelag van die jonkheidsdae die lewe was een lang lentetyd met liefde altyd in die blom! Die jeugtyd is verby maar die hartsvreugde het gebly soms die lag met ‘n traan maar altyd het die son weer deurgebreek – – – Humorsin en patos meer verfynd, minder robuus, is die lag […]
Alles vir jou
Die windjie sing, ” Die Winter kom! Die Winter kom!” Al swaaiend, swaaiend jaagbaljaar dit stout En bring ‘n vroeë boodskap van die winter koud Alles wat ek sonder antwoord sê Wat so diep in my gedagtes lê Mag die silwere maan Wat die liefde verstaan, Met sy sysagte glans Op jou strale laat dans […]
‘n Porsie liefde
Blink is die naald in die lig van die kers waarmee ek brei aan ‘n verlange kombers En wanneer die maan verdwyn en die donker om my terg fladderhang rooi kolle in die maan se skyn ‘n Porsie liefde en ‘n skeppie met lag dit is die droom waarop ons almal wag Want blink is […]
My lelie
Dis Maart, my lelie en dit blom hier in die Kaap. Die eerste fynbostakkies het – sagpienk – aan die bloei geraak. En die vergeet-my-nietjies langs die dam weerkaats weer vrolik – in die blouste blou maar ék, my lelie verlang nog allie tyd . . . na jou. © Carma Shaw 24 Februarie 2017
NOSI * die gevaar
NOSI * die gevaar Om presies een-en-twintig uur, sewentien minute en ses-en-dertig komma vyf agt sekondes in ’n koue Desember nag het Jason B. Sakamuchi ’n klein vlekkie vir die eerste keer op sy teleskoop se skerm ontdek, die pas-geboude neutron-aangedrewe „Heavenly Observer” op een van die noordelikste bergspitse in die Verenigde State, waar die […]
Doris Day
hier sit ek op die agterstoep dis veels te warm in die huis die swart hond drink lou water uit haar bak voor die kombuis die avondlug’s belofteloos – ek tel die sterre en een maan en soms wonder ek maar net waaroor die lewe eintlik gaan as die reën die jaar nie kom nie […]
Sonder lefde, min vreugde
Sonder liefde, min vreugde. Wie kan die liefde ooit verklaar dit het so baie fasette van persoonlik tot intiem , maar sonder sonder liefde is daar min of geen vreugde – – – Ek hou baie van jou maar het jou nie lief nie, ek hou nie so baie van jou maar ek haat jou […]
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 6
HOOFSTUK 6 Dit is Maureen wat naderhand wakker word van die roepman se geklop en geroep: “Oom Tiny, wakker word, oom is half vier aan diens”. Sy moet Tiny bietjie ruk en pluk om hom wakker te kry maar nadat hy die roepboekie deur die venster gevat het om te teken is hulle op en […]
Haar naam was ook Saartjie
Voor julle my tot ruste lê laat my kleinkinders kom sing. Moet my nie begrawe nie laat my wegvaar met die wind! Uiter geen hartseer woorde dit sal net heimwee bring. Traanbevlekte blomme sal my nie meer lawe nie… lag liewer saam my soos ń kind! Tiekiedraai my oor n misvloer laat die konsertina sing […]