Wag-speletjie
ek dink vandag aan Pa hier waar reënspoortjies teen dowwe vensters afloop loop ek terug op ons voetspore in gebroke sand verby hierdie grys dag in mistigheid gevou en ek verlang – verlang na my gouestroop dae wat so stadig verby kon draal terwyl ek vir Pa se voetstappe wag op ons stoep huis-huis gespeel […]
Die Brug Van Sugte
Die Brug Van Sugte Dis droogte hongersnood inflasie en oorloë, té veel ellendes om op te noem, maar o, die sug, die ontboesemende sug, soms so onnodig pessimisties maar wat woordeloos tog so baie kan sê in pyn en moedelose bedrukte verdriet Luister na negatiewe toekomsvoorspelligs van duistere gevare wat wag en jy slaak ‘n […]
Agt maal genadig
Hemels – as die son opkom vlam ‘n amber vuur in gloed. Oopbek lag die lelieblom – ‘n nuwe dag kom groet. Te staar na wolkpatrone – wasig’ wonders wat deur ruimte swerf. Weswind ruk aan groenblaar krone, waai reënbeloftes oor my werf. © Carma Shaw 16 Maart 2017
Stilswye, die mes . . .
. . . wat kele afsny ‘n Donker wolk kom aangerol, ‘n digte massa geheimvol; deur die geruislose geraas, kom dit, en die pas verhaas. In die nabye is daar ‘n poort, lig skyn daaruit, eie in soort; ‘n koue wasem kom saam, wat dood se foto omraam. Uit die storms van stille geraas, op […]
KATEGORIE: Nogmaal die TAAL
KATEGORIE: Nogmaal die TAAL Ek maak kapsie teen allerlei modes en modetjies: Die datum verkeerdom skryf: Wanneer is (of was) 02/04/06? En 06;02;04? En 04.06.02? (Een van die kombinasies is my verjaarsdag, maar welke?) Wie het hierdie onsin die volk aangebind? Is dit alweer ‘n versoek om die neo-liberalistiese afgode te paai? ☼ Die maande […]
Geluk in drome herwin
Geluk in drome herwin Saans voor die slaap toesak wyl ek sluimerend lê staan die hart se vensters en deure wawyd oop en mymerend nooi dit die herinnerings binne. Party kom skugter, skroomvallig na binne en voel te ongemaklik want die onthou ontstel en maak nog seer dit was te onlangs… Maar die jonkheidsvreugdes se […]
Krismis
asblikke versier met Kersfeespapier Kersete met koekstruif en kersies reeds vergete kers-speelgoed stukkend op die grond lê oral rond… Kersgesigte weggepak in laai en rak tot volgende jaar elkeen het terug gekeer na sy eie seer waaruit ons nie kan ontsnap wat aan ons hakskene bly hap die nuwe jaar en altyd deur Kersfees is […]
Malisendra
Jou klavierspel en sang vul die huis as jy in ‘n ander wêreld reis daar is jy die heldin word deur almal bemin as jy ophou swerf die laaste note wegsterf kyk jy vas ‘n vuil kombuis kinders wat brood vra ‘n lastige verdomde hond ‘n man met ‘n gat in sy hart en ‘n […]
Oupa
vooroor geboë Bybel bytel in jou hand psalms padkaart in jou hart laat jy jou weg aan die Here oor al het jy nie gesien het jy bly glo deur jare se swaarkry God geëer liefde wysheid geduld in jou oë het my geleer laat my kinderlik aan Jesus glo wil ek op Sy pad […]
NEMER VAN LEWENS
wees my genadig as jou lem teen my keel blink, jy’s ‘n mens nes ek (C) HMellet