Soos Ryp Druiwekorrels
Soos Ryp Druiwekorrels Soms, net soms, druk die feesdae swaar op die gemoed en vul dit met verlange en herinnerings tot barstens toe vol en woorde ontbreek tong en lippe stom van ingehoue emosie dan wil jy saam met Queen sing I want to break free om uiting te gee aan jou gevoelens, maar dan […]
Vonnis
‘n vonnis so finaal is bepaal witjas jurie kom na vore liggaam geboë frons tussen oë bekwaamstes staan verslae nog ‘n uitklophou deur die groot K die nuus wat hul dra maak hul goedkoop van regverdigheid gestroop die vonnis word gevel wyd oop poorte van die hel ‘n lewenslange lyding net die dood bring bevryding […]
Tyding
minute, ure tik verby my oë kyk na bo terwyl tyd deur die uurglas gly in ‘n wit hospitaalgang waar hoop en wanhoop wipplank ry om my is soveel lyding ek moet bly glo bly wag op goeie tyding in my hart weerklink ‘n lied God se boodskap in my wese gegiet ek weet ek […]
Kankerroos
saam gelag, geleef, gespeel die lewe gedeel nie geweet dat die kankerroos onder groen blare bot net U die alsiende God het geweet wat niemand kon dat die saad van die dood wat in my kind geplant was binnekort sou blom
RIDDERS VAN DIE YSTERPAD HOOFSTUK 14
1975 raak n moeilike jaar op die Bloemfontein lyn soos werkspanne deur die dag besettings neem op die lyne om die maspale op te rig vir die elektriese drade. Dan moet die treine staan tot die besettings opgehef is en begin Bloemfontein ritte lang ritte word. Die gevolg is dat bedryf die diens so probeer […]
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK Drie tale kan ek praat en skryf – taamlik goed, as ek my ‘n bietjie selflof mag bedien – naamlik Afrikaans, Duits en Engels; met Fanagalo kan ek waarskynlik genoeg raadbraak om my juis onverstaanbaar te maak. Maar teen Kåmpioeterspraak kom ek nêrens aan nie. En besonders as mense met my […]
Stilgeboorte
steenkool, olie, roet verswelg ryk aardse lewe – besoedelingsvrug © Carma Shaw 26 Maart 2017
Brandstigting
rook veblind die oog vlammende vure verwoes – môre brand tot as © Carma Shaw 25 Maart 2017
Op dowe ore
hoor, hoor! swaardswaaiers ons wêreld se kinders ween – bloed aan jul hande © Carma Shaw 25 Maart 2017
PAPPA IN MY DROOM
Jou knobbel hande, vou veilig om myne, jou arm by my ingehak, loop ons, onverpoos, deur die skare, en jy bid asof jy nog nooit bang was. Dit was jou bid, jou opkyk na bo, wat maak dat ek vandag nog probeer glo. Wanneer jy met jou God praat, het jy dit gedoen asof jy […]