SA Stories
Plaas jou stories op ons blad, Daar word gekeur en dan publiseer ons dit in ‘n tydskrif , elke drie maande of so ‘n nuwe tydskrif. Ook skryfuitdagings waaraan jy kan deelneem en groot pryse wen soos ‘n gratis kursus by SA Vryskutskrywers of ‘n gratis proeflees deur Janie Oosthhuisen van Skryfgeheime of deur Hannelie […]
Engel op jou pad
“My Engel en engel op my pad ” verhaal ek in digvorm met my ware verhaal van die aanloop, voorloop, verloop en naloop van vier dae en daarna waar ek aan ‘n suikerkoma geraak het, maar ‘n aardse EN my Hemelse Engel my sou red. Die aanloop en voorloop skryf ek sodat lesers sien hoekom […]
Baksjisj (Bakhande Bedel)
Baksjisj (Bakhand Bedel) Die jaar is op dreef en ek hoop dat almal werk en brood op tafel het en ek staan dankbaar voor ons Vader as Sy kind en ontvang Sy genade daagliks dankbaar biddend klaar betaal verniet uit Sy Vaderhand Sy seun se lewensbloed die hemelse kwitansie daarom hoef ek nie daarvoor te […]
Jy wat deur my vingers gly
ek druk jou benerige raamwerkie vas teen my ek wil nie weet dat jy… stuk vir stuk deur my vingers gly
Loop-pop
my loop-pop het gebreek iets is binne in verkeerd sy kan nog huil maar nie meer lag net huil huil huil haar ogies is nog helder blou haar lippies rooi en sag maar ‘n monster het haar haartjies afgekou hy lag lag lag die kuiltjie is nog in haar wang maar haar lyfie is uitgeteer […]
Kaleidoskoop bestaan
pyn wit vuurwarm wit skroeiend swart in my hart mistige grys van twyfel wys kleur van vrees oor wat mag wees lewe rooi polsend mooi duur gekoop in hoop gedoop wit-swart pyn-smart wanhoop-hoop lewe-dood my rondomtalie kaleidoskoop
DIE BRAAIVLEIS
As Oom Gert die verhaal vertel dan speel die glimlag breed oor sy gesig en dis hoe ek hom sal onthou…die staaljie van jare terug. Dit was met ‘n vergadering wat in die landbousaal gehou was en die manne het klaar vergader oor die stand van die boerdery, die prys van beeste en skaap, die […]
VERLORE NIE
Verdroog in die laaste lig staan hy sterk en fors. Afge-ets in die skemer, skouers rukkend. Seer pluk aan sy siel, maar dan… blom die liefde van die Lig, die rukwind bedaar. Die orkaan woed uit, rustig in sy wese. Hy berus. Want iemand gee om…
GEKIES
GEKIES? Verwarring in teenstrydigheid en bewys van my dwaasheid my keuse of my lot? Gooi mense my vensters stukkend en klippe breek die ruit van my siel… Dan moet ek staan want niemand wil opstaan. Ek moet versnel in my keuse, hul kan maar aanhou gooi Ek hardloop nie weg. Nou en nie later sal […]
‘n Engel op my slaapkamermat
Ja sowaar, lekker gemaklik en uitgestrek lê sy in die vroeë herfssonnetjie, skuins oor die mat gedrapeer, iewers aan die voetenent van die bed. Ons tweetjies het al dikwels paaie gekruis, maar dit is iets wat ek nog altyd vir myself gehou het. Hoe verduidelik mens in elk geval die grootste deel van die lewe […]